E­BEN O­LI­VIER

Weg! - - Mense Se Lense Lesersfoto’s - Ca­non EOS 70D Ca­non 18-55 mm-lens

E­BEN SKRYF: Ek het hier­die fo­to op Wa­en­huis­krans ge­neem. Die son was ag­ter my met wol­ke wat van die see se kant af in­ge­kom het.

Wa­en­huis­krans se groen­blou wa­ter het nie te­leur­ge­stel nie. Ek het die to­neel van al­le kan­te af be­na­der, maar om laag voor die hel­der­kleu­ri­ge bo­te te staan was vir my ’n be­ter hoek vir die fo­to.

TO­AST SÊ: Deur sterk kleu­re en dui­de­li­ke fat­soe­ne in jou fo­to in te sluit kan jy dit in ’n om­me­sien­tjie tref­fend maak. E­ben se kom­po­si­sie is am­per sim­me­tries, met die klein skuit­jie in die mid­del wat deur die twee gro­te­res aan die kan­te ge­ba­lan­seer word. Sy wy­e­hoek­lens was die reg­te keu­se, en die bo­te staan mooi uit dank­sy sy lae po­si­sie.

Ek sou dalk ’n mens ie­wers in die raam wou sien – pre­sies tus­sen die klein skuit­jie en die boot net links daar­van. Met ’n mens in die prent­jie kry jy skie­lik ’n i­dee van skaal (hoe groot die boot­jies is), en in­dien die per­soon ag­ter die boot­jies ver­by sou stap, sou jy ook ’n ek­stra i­dee van diep­te kry.

Die kleu­re werk baie goed saam: Die be­wolk­te lug na ag­ter dra ’n for­me­le staal­grys by tot die an­der­sins in­for­me­le plak­kies-en­swem­broek-kleur­pa­let.

E­ben was slim om met sy rug na die son te staan, want die son­lig in die voor­grond op die boot­jies ver­hel­der da­de­lik die gan­se to­neel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.