JASMYN P­RE­TO­RI­US

Weg! - - Mense Se Lense Lesersfoto’s - Ca­non EOS 60D Ca­non 18-135 mm-lens

JASMYN VER­TEL: Ek was op vrien­de se wild­s­plaas in die T­ha­ba­zim­bi-dis­trik. Die mees­te van die trop buf­fels het dol rond­ge­hard­loop en stof op­ge­skop, maar dié een het ons stil staan en dop­hou.

TO­AST SÊ: Stof in die lug sorg al­tyd vir dra­ma­tie­se fo­to’s, maar jy wil ook nie hê dat die stof ál die ak­sie ver­slui­er nie. Die ge­luk hier is dat één buf­fel uit­staan teen die res dank­sy ’n oom­blik se “ven­ster” in die stof­gor­dyn.

Nou ver­toon die i­ko­nie­se ore-en-ho­ring­bui­te­lyn van die buf­fel se kop per­fek ter­wyl die sug­ges­tie van die mas­sa van die trop daar­ag­ter be­houe bly – maar nie jou aan­dag af­trek nie.

Dit lyk am­per soos ’n plak­kaat van ’n mu­siek­groep, met die hoof­san­ger wat uit­staan as die be­lang­ri­ker ka­rak­ter.

Wan­neer jy ’n trop die­re af­neem, pro­beer om op één van hul­le fo­kus. Dis dalk die buf­fel wat die trop lei, of die een wat die naas­te aan jou staan, of die een met die groot­ste ho­rings. Soek ’n mooi dier uit – die o­li­fant met die lang­ste tan­de, of die koe­doe­bul met die sier­lik­ste ho­rings – en maak dit die s­ter van jou fo­to.

Dié dier ver­teen­woor­dig die res van die trop. Be­gin nou met jou kom­po­si­sie speel en kyk hoe die res van die trop rond­om jou “hoof­rol­spe­ler” be­weeg. Jou hoof­rol­spe­ler mag dalk ver­an­der wan­neer hy ag­ter ’n boom vas­haak, en jy skie­lik ’n nu­we hoof­rol­spe­ler moet kies wat meer in die oop­te staan.

Lek­ker fo­to hier­die, Jasmyn!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.