I

Weg! - - Mense Se Lense Portefeulje -

n #148 het ons van die bes­te fo­to’s van die kom­pe­ti­sie On­der­wa­ter­fo­to­graaf van die Jaar vir 2016 ge­wys. Die 2017kom­pe­ti­sie is pas af­ge­han­del en die in­skry­wings is net so skou­spel­ag­tig soos an­der ja­re. Van­jaar is 35% meer in­skry­wings as die vo­ri­ge jaar ont­vang – die be­oor­de­laars moes deur 4 500 fo­to’s uit 67 lan­de werk voor­dat hul­le die wen­ner ge­kroon het: die Fran­se dui­ker Ga­briel Ba­ra­thieu, vir sy on­ge­loof­li­ke fo­to van ’n see­kat wat in ’n vlak strand­meer jag. (Sien dié fo­to en nog wen­fo­to’s by weg.co.za.)

In die 2017-kom­pe­ti­sie was daar ook vir die eer­ste keer ’n Com­pact-ka­te­go­rie vir fo­to’s wat met klei­ner, goed­ko­per ka­me­ras in ’n huls ge­neem is.

Ja-nee, on­der­wa­ter­fo­to­gra­fie is nie meer net vir mal ou­ens in rub­ber­pak­ke met bok­se vol ka­toe­ters nie. Vat jou GoPro met laag­ge­ty na ’n rots­poel – jy staan dalk ver­stom oor wat jy daar af­ge­neem kry…

SAAM­GE­STEL DEUR

*

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.