Diep­see­vis­van­ger

Weg! - - Mense Se Lense Portefeulje -

Jeff het ’n so­ge­naam­de swart­wa­ter­duik na­by die ei­land Ko­na in Hawaii gaan doen. Dui­kers reis snags ver van die kus af en hang aan ’n tou see-in om oop­see­die­re te sien ver­by­dryf.

Jeff se duik­maat het iets uit­ge­wys wat hy ge­dink het ’n ei­er­geel­jel­lie­vis is. Toe Jeff eg­ter van na­der kyk, het hy vin­ne en oë ge­sien en be­sef hy kyk na ’n skaars soort see­dui­wel.

“Jy sal nie som­mer ’n in e­ni­ge boek oor Hawaii se see­le­we kry nie,” sê hy. “Dis die eer­ste keer wat een so ver oos ge­sien is, en moont­lik net die der­de keer wat hy ooit ge­sien is!” Jeff se fo­to het eer­vol­le ver­mel­ding ge­kry in die ka­te­go­rie por­tret­te.

Ca­non T1i; 60 mm-ma­kro­lens; slui­ter­spoed 1/200ste van ’n se­kon­de; lens­o­pe­ning f6.3; ISO 100; in ’n I­ke­li­te-huls met twee I­ke­li­te-DS-51- stro­bo­sko­pie­se flit­se. >

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.