On­der­wa­ter­vlam­me

Weg! - - Mense Se Lense Portefeulje -

On­der­wa­ter­fo­to­gra­we is ge­neig om skaars of in­druk­wek­ken­de skep­sels te soek wat on­der die bran­ders woon. Dra­gos het ’n an­der plan ge­had: “Ek wou die soort skoon­heid uit­lig wat ’n mens nie ge­reeld sien nie,” sê hy.

Hy het hier­die ge­wo­ne buis-a­ne­moon met jong rif­vis­se rond­om dit in ’n ma­rie­ne be­wa­rings­ge­bied langs die kus van Dauin in die Fi­lip­py­ne af­ge­neem. Hy het ’n stro­bo­sko­pie­se flits ag­ter die a­ne­moon ge­plaas so­dat dit lyk as­of sy ten­ta­kels van bin­ne af gloei, en ’n an­der een ge­bruik om die visse te be­lig.

Die eind­re­sul­taat het aan Dra­gos die der­de plek in die ka­te­go­rie ma­kro be­sorg.

Ca­non 6D; 100 mm-lens; slui­ter­spoed 1/60ste van ’n se­kon­de; lens­o­pe­ning f16; ISO 50; in ’n Ni­mar-huls met ’n S2000- en I­non- Z240- stro­bo­sko­pie­se flits.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.