Klim in die mo­tor – die Wes­kus roep!

Weg! - - Vlaggie -

Dis na­week en jul­le is lus vir ’n ro­ad trip, maar nie se­ker waar­na­toe om die mo­tor se neus te mik nie. Die toe­ris­me­or­ga­ni­sa­sie West Co­ast Way het die ant­woord: Hy het on­langs Suid-A­fri­ka se “Ro­ad­trip With the most T­wis­ts” langs die Wes­kus be­kend ge­stel.

Dié “t­wis­ts” ver­wys na vyf ver­skil­len­de roe­tes: die kos­lief­heb­bers-, kul­tuur-, wild­ste, mooi­ste en berg­roe­te. Die kin­kels oor­vleu­el soms – jy kan dus self kies hoe jy jou reis­plan wil saam­stel. Eet oes­ters by Sal­dan­ha­baai, soek fos­sie­le by die Wes­kus-fos­siel­park of gaan kyk hoe lyk E­vi­ta se Per­ron op Dar­ling... kry die vol­le­di­ge roe­tes met al die doen­din­ge in die streek by wes­t­co­as­t­way.co.za.

SPE­SI­A­LE AAN­BOD West Co­ast Way en van die Wes­kus-ver­blyf­plek­ke span saam en bied be­soe­kers tus­sen 1 Mei en 31 Au­gus­tus dié aan­bod: Be­spreek vir twee nag­te ver­blyf en kry ’n der­de nag gra­tis. Die ver­blyf­plek­ke wat in die sta­di­um deel­neem, is: T­ha­li T­ha­li Game Lod­ge, !Khwa ttu, Blue Bay Lod­ge, The Lod­ge at At­lan­tic Be­ach, Rus­sells on the Port en Pie­ke­niers­kloof Moun­tain Re­sort, en die aan­bod is gel­dig van Son­dag tot Don­der­dag.

Gee die ver­wy­sing “West Co­ast T­wist” wan­neer jy be­spreek om die ek­stra nag te kry.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.