STER­RE­WEG

Weg! - - Voor­af Kort­liks - – Wil­lie Koorts

Die wen­tel­baan van die Maan om die Aar­de is nog­al in­ge­wik­keld. Dit wyk af van ’n per­fek­te sir­kel en is el­lip­ties, met die Aar­de ef­fens weg van die mid­del­punt. Om din­ge ver­der te kom­pli­seer be­ïn­vloed die aan­trek­kings­krag van die Son ook die Maan se be­we­ging.

Die punt op die wen­tel­baan waar die Maan op sy naas­te aan die Aar­de is, word die pe­ri­ge­um ge­noem en die punt waar hy die ver­ste van die Aar­de af is, die a­po­ge­um.

Van­jaar kom die Maan op 26 Mei die naas­te aan die Aar­de (357 209 km) en gaan draai op 19 De­sem­ber die ver­ste (406 604 km) – ’n ver­skil van by­na 50 000 km! Hier­die pun­te waar die Maan op sy groot­ste en klein­ste is, val van­jaar na­by nu­we­maan (25 Mei en 18 De­sem­ber on­der­skei­de­lik), wan­neer ons nie die Maan kan sien nie.

Toe­val­lig val die tye wan­neer die Maan op sy twee­de ver­ste en twee­de naas­te is, baie na aan wan­neer die Maan vol is. Van­jaar se “su­per­maan” is op 3 De­sem­ber, slegs 16 uur voor die Maan by sy twee­de naas­te punt aan die Aar­de gaan draai (357 500 km). Die “mi­ni-maan”, of klein­ste vol­maan van die jaar, is dié maand, op 9 Ju­nie, slegs 14 uur na sy twee­de ver­ste draai­punt vir die jaar (406 400 km).

Soos ons al­tyd met die su­per­maan ver­dui­de­lik, gaan jy nie som­mer die ver­skil ag­ter­kom nie. Dit is eg­ter ’n i­de­a­le ge­leent­heid om nou ’n fo­to van die mi­ni-maan te neem, wat jy met pre­sies die­self­de ka­me­r­as­tel­lings her­haal op 3 De­sem­ber met die su­per­maan. As jy dan hier­die twee fo­to’s langs me­kaar plaas, kan jy die ver­skil in groot­te en hel­der­heid mooi ver­ge­lyk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.