Jou groot­ste ge­skenk dié Va­ders­dag – tyd saam met jou ge­sin

Weg! - - Voor­af Kort­liks -

Nie­mand wens op hul­le sterf­bed dat hul­le meer tyd op kan­toor deur­ge­bring het nie. Dis ’n cli­ché, maar on­ge­luk­kig waar. En lank na­dat jou kin­ders ver­geet het van die pe­per­duur goed wat jy vir hul­le ge­koop het, gaan hul­le die tye ont­hou wat jy saam met hul­le deur­ge­bring het. Maak dit daar­om hier­die Va­ders­dag jou voor­ne­me dat jul­le ge­sin meer din­ge saam gaan doen. Hier’s ons voor­stel­le:

Leer jou seun (en dog­ter!) om te braai

Na­tuur­lik kan jy al de­ka­des lank braai, maar daai op­ge­sko­te skep­sels wat so voor die TV lê, moet nog leer hoe lek­ker ’n mens om ’n vuur kook en kui­er.

Laai ’n draag­ba­re braai in die kat­te­bak en soek ’n piek­niek­plek. Een van 320 x 440 mm sal die ding kan doen – jy hoef nie ’n weer­mag kos te gee nie. Maak se­ker dis van vlek­vrye staal (so­dat dit kan hou) en dat dit sy eie dra­sak het so­dat dit nie jou ry­ding vuil mors nie. Vat ook iets saam vir ’n drink­ding, soos ’n goeie 1,8 li­ter­ter­mo-bot­tel. Sit nou rus­tig op jou drie­been­stoel­tjie laat jou kin­ders kan leer om die vuur op te steek.

Kui­er die na­week saam om ’n pot­jie

Vra jou ge­sin om op die uit­kyk te wees vir on­ge­wo­ne pot­jie­kos­re­sep­te. (Wat van een met bil­tong? Of wa­ter­blom­me­tjies?) Be­lê in ’n or­dent­li­ke no. 3-pot wat een van jou kin­ders kan erf. Kry ook ’n brood­pot.

Dis ui­ter­aard lek­ker om jou eie tuis­ge­maak­te brood te eet, maar met dood­ge­wo­ne brood­deeg en ’n paar in­no­ve­ren­de be­stand­de­le kan jy ook na­ge­reg daar­in op die vuur prak­seer. Maak jou tuis op jou drie­been­stoel ter­wyl jy vir die pot­jie­kos wag.

Gaan kamp op ’n on­ge­wo­ne tyd van die jaar

In die so­mer moet jy die kamp­plek en die bad­ka­mers met ’n hor­de men­se deel, maar as jy in die win­ter gaan kamp, sal jy sien wat­ter be­ko­ring daar­die plek­ke in­hou as jy dit vir jou­self kan hê.

Be­rei jou­self net deeg­lik voor: ’n Goeie slaap­sak (300 gs­m­hol ve­sel) sal jou warm hou, en die kom­buis­goed kan in ’n 45 li­ter- of 60 li­ter-sa­fa­ri­koel­boks ge­bê­re word. Vat ’n veel­doe­li­ge knip­mes saam vir din­ge in en om die kamp­plek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.