DIE HEL

Kom hou jou lyf “klo­wer” en skop skoe­ne uit in die Gam­kas­kloof, be­ter be­kend as die Hel. Hier is ons gids tot ver­blyf en doen­din­ge in een van ons land se mees ge­lief­de weg­kruip­plek­ke.

Weg! - - Inhhoud - WOOR­DE EN FO­TO’S ERNS GRUND­LING

Die Gam­kas­kloof sorg vir ’n hel­se lek­ker na­week! Ons wys jou wat jy hier diep in die Swart­berg kan doen, waar om te slaap en te eet

Jy moet min­stens een keer in jou le­we Hel toe gaan. En as jy eers self hier­die af­ge­son­der­de plek er­vaar het, sal jy weer én weer wil te­rug­kom. Hier vat iets pos in jou bin­ne­ste,’n rus­tig­heid wat dik­wels ver­bloem word deur die daag­lik­se ge­jaag na wind en wins van die so­ge­naam­de reg­te le­we.

Dit be­gin reeds wan­neer jy teen die Swart­berg­pas wat Prins Al­bert en Oudts­hoorn met me­kaar ver­bind, uit­kruie tot by die Gam­kas­kloof bord­jie, waar jy af­draai op die e­nig­ste pad Hel toe.

Hier­die Ot­to du Plessis-pad is in 1962 ge­o­pen en het die Hel – se­dert die 1830’s ’n ge­slo­te boe­re­ge­meen­skap met min kon­tak met die bui­te­wê­reld – on­her­roep­lik ver­an­der.

Die Hel het bin­ne 20 jaar leeg­ge­loop, want met die nu­we pad kon klo­wers om­lig­gen­de dorpe en ste­de mak­lik be­reik en daar gaan woon en werk.

Dank­sy ’n fa­mi­lie klo­wers, Kaap­se Na­tuur­be­wa­ring en ’n groep en­tre­pre­neurs kan jy van­dag in hier­die Wê­reld er­fe­nis ge­bie diets van dié ver­vloë dae be­leef.

Jou sel­foon­ont­vangs is skoon­veld en só sal dit bly tot­dat jy weer hier­langs ver­by­kom. En jy kan maar ver­geet van al­les wat van­self­spre­kend is in dorpe of ste­de: Hier is geen e­lek­tri­si­teit, pe­trol of die­sel, OTM’s, in­ter­net­toe­gang of o­pen­ba­re fo­ne nie.

Wat is dan wel hier? ’n Vrug­ba­re val­lei van so­wat 20 km lank en tot 600 m breed. Stil­te, vre­de en ster­re. En ’n hand­jie vol ga­we men­se wat per­ma­nent hier woon.

Kom reis saam deur die Hel...

RY STADIGER. Wan­neer jy op die Ot­to du Plessis-pad in die rig­ting van Gam­kas­kloof ry, is jy nog nie ín die Hel nie, maar jy word reeds be­derf met kron­kels en uit­sig­te oor ’n af­ge­leë land­skap.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.