DOEN DÍT

Weg! - - Inhhoud - – Car­la Le­wis

Maak dié na­week ’n draai in die P­re­to­ri­a­se na­si­o­na­le bo­ta­nie­se tuin en kyk of jy die ver­skil tus­sen ’n plaaslike en ’n ei­land­kre­me­tart kan sien

In dié boom­ry­ke tuin van nie eens 1 km² nie stap jy deur on­der meer gras­veld, vlei­land én ’n brood­boom­tuin. En in die vet­plant­tuin is ’n af­de­ling ge­wy aan be­dreig­de plant­spe­sies uit Ma­da­gas­kar. Kom kyk of jy die ver­skil tus­sen ’n plaaslike en ’n ei­land­kre­me­tart kan sien.

Die wa­ter­val in die mid­del van die tuin is nou wel mens­ge­maak, maar dis steeds ’n lief­li­ke plek om a­sem te skep.

Of gooi ’n piek­niek­kom­bers op een van die gras­per­ke oop en dut on­der ’n huil­boer­boon­boom.

Dié met mie­re in hul­le pol­ly shorts kan hul­le hart­klop­mo­ni­tor op die vyf ki­lo­me­ter lan­ge Par­krun deur die tuin kom toets. Hier is ’n paar op­draan­des wat jou kui­te sal werk, maar as jy uit­a­sem raak, kan jy bloot jou ve­ters ag­ter ’n blink­blaar-wag-’n-bie­tjie-boom “knoop”. Ons hou hier­van Kin­ders sal gaan­de wees oor die groen gras­per­ke waar hul­le kan aan-aan speel. Los liefs skop­fiet­sies tuis. Hon­ger­py­ne? Staan na­der, Tim No­a­kes-dis­si­pels – hier is op die eer­ste Sa­ter­dag van el­ke maand ’n Ban­ting-mark.

Be­stel ’n bul­let­p­roof-kof­fie (kof­fie wat met bot­ter ge­maak word) en ’n so­sa­tie, warm van die ko­le af. Of be­stel ’n peu­sel­mand­jie by die tui­ne se Milk­plum Ca­fe.

Jy kan ook ge­krum­mel­de hoen­der­bor­sies, sa­moe­sas en aar­tap­pel­wig­gies ver­wag... Be­spreek by 012 804 5840; milk­plum­ca­fe.co.za. Oop Daag­liks van 8 vm.-6 nm. Toe­gang R30 p.p., R14 per kind. Dins­dae is gra­tis vir pen­si­oen­trek­kers. Toe­gang is gra­tis as jy deel­neem aan die Par­krun op Sa­ter­dag­og­gen­de – ont­hou om die Par­krun-stre­pies­ko­de saam te b­ring. Re­gis­treer by par­krun. co.za (weg­spring­tyd is 8 vm.). Waar? Die in­gang is in Cus­so­ni­a­ry­laan 2 in Brum­me­ria. Kon­tak 012 843 5071;

san­bi.org

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.