WIELE

Cy­ril Klop­per be­stuur ’n pret­ti­ge luik­rug­mo­tor en ’n kom­pak­te sport­nuts­voer­tuig. Wat­ter voer­tuig sou jy kies?

Weg! - - Inhhoud -

Die Hyun­dai C­re­ta en Toyo­ta C-HR kos uit die boks die­self­de. Cy­ril Klop­per sit dié twee deur die pas­sies – wat­ter een kies jy?

As jy smag na ’n San­ta Fe of ’n Tu­c­son, maar die paai­e­men­te en groot­te be­kom­mer jou, bied Hyun­dai ’n derde keu­se. Ge­noem na ’n be­ken­de G­riek­se ei­land, mik die C­re­ta om die mark­lei­er on­der kom­pak­te sport­nuts­voer­tuie te word.

Daar is reeds ’n he­le paar deel­ne­mers in dié mark­seg­ment: S­pe­lers soos die Re­nault Dus­ter, Ford E­coS­port en Su­zu­ki Vi­ta­ra, en hul­le is al­mal goed­ko­per as die C­re­ta. Waar­om glo Hyun­dai dan dat hy met die lou­e­re gaan weg­loop? Hyun­dai het be­sluit om nie ’n ba­sis­mo­del te ver­koop wat ge­stroop is van ka­toe­ters nie. Al die C­re­ta-mo­del­le het duur stan­daard­toe­rus­ting soos ’n 8”-raak­skerm met sa­tel­liet­na­vi­ga­sie, ’n te­rug­stoot­ka­me­ra en ’n mul­ti­me­di­a­spe­ler.

Die net­jie­se bin­ne­ruim ver­ge­lyk goed met Hyun­dai se duur­der sport­nuts­voer­tuie, en daar is genoeg been­ruim­te voor en ag­ter vir vyf men­se.

Twee en­jin­soor­te word aan­ge­bied: ’n 1.6-pe­trol en ’n 1.6 tur­bo­die­sel. Die pe­trol­mo­del is toe­ge­rus met ’n hand­rat óf ou­to­ma­tie­se rat­kas, en die die­sel­mo­del is slegs in ou­to­ma­ties be­skik­baar. Al­bei en­jins trek sterk oor berg­pas­se en snel­weë, en selfs op kron­ke­len­de plaas­paaie was ons be­ïn­druk met die C­re­ta. Dit voel jou wrag­gies soos ’n ba­ba-Tu­c­son.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.