RUBRIEK

Weg! - - Inhhoud - WOOR­DE TO­AST COET­ZER SKETS FRED MOUTON

Gaan kamp ’n bie­tjie in die bos en be­sef na wat­ter stads­fie­ter­ja­sies jy nié verlang nie, skryf To­ast

Wan­neer jy terugkeer stad toe ná ’n lang ruk in die bos, is daar ’n rits

din­ge wat jy skie­lik be­sef jy glad nie ge­mis het nie.

Ek sit in die Ka­sa­ne- in­ter­na­si­o­na­le lug­ha­we in die noor­de van Botswa­na. Ek vlieg nou-nou Jo­han­nes­burg toe, en dan voort na Kaap­stad. Be­hal­we dat ek da­rem laat van­aand my meisie ’n druk­kie kan gee, is daar min an­der din­ge van te­rug­wees in die stad waar­na ek uit­sien.

Hier in die ver­trek­lo­kaal blêr ’n TV. Dit raas – ek is se­ker maar be­sig om oud te raak... Ek het die laas­te paar we­ke, op ’n toer van Noord-Botswa­na en die Capri­vis­trook in Namibië, meest­al ge­kamp en skaars ’n TV ge­sien.

’n Te­le­vi­sie het ’n ma­nier om na­mens jou te dink, en jou din­ge te ver­tel (en ad­ver­ten­sies te voer) son­der dat jy e­nig­iets hoef te doen. Jy sit maar net en staar na die ding.

Maar nooit ty­dens my kamp­toer het ek ooit ’n TV ge­mis nie. As jy aan 7de Laan dink wan­neer jy vroeg­aand om die kamp­vuur sit, is jy waar­skyn­lik nie ’n kamp­mens nie. Ja, ek hou ook van te­le­vi­sie­kyk. Maar kan ek daar­son­der leef? Be­slis. As ek nou moet hoor ek kan dit van mô­re af nooit weer doen nie, gaan ek nie in sak en as sit nie. Ek gaan waar­skyn­lik net meer boe­ke lees.

Die tyd rond­om ’n knet­te­ren­de kamp­vuur, met die ge­tjir van nag­ui­le en die ge­twiet van vrug­te­vler­mui­se rond­om jou, is dink­tyd. Son­der ’n te­le­vi­sie kan jy al die af­draai­paad­jies van jou ge­dag­tes

volg tot by hul­le na­tuur­li­ke dood­lo­pe. In die bos be­sluit jy self wan­neer jy ’n “ad­ver­ten­sie­breuk” moet neem – dalk be­te­ken dit bloot jy staan op om daai half­ge­bran­de mo­pa­nie­stom­pie weer op die vuur te skuif of om jou gla­sie A­ma­ru­la vol te maak.

Of jy ge­sels met die men­se rond­om jou – vrien­de wat saam toer, die fa­mi­lie wat reeds lank­al van hier­die va­kan­sie droom. Dit is hier­die kamp­vuur­sto­ries – wat jy self moet ver­woord, waar­van jy self die tem­po moet be­paal, en die kwink­slae moet in­werk – wat lank ná die va­kan­sie waar­deer gaan word.

Die kin­ders gaan groot­oog by die skool kan ver­tel hoe Pa en Ma met hul­le plak­kies die bak­kie in ’n droë ri­vier­bed­ding in Da­ma­ra­land uit die sand ge­gra­we het, of ’n bie­tjie aan­dik wan­neer hul­le ont­hou hoe die leeus rég langs die tent in Mo­re­mi ge­brul het.

Die in­ter­net is ook ’n soort TV. Maar e­ni­ge sto­rie wat be­gin met “Ek het op Fa­ce­book ge­sien dat...” of “Ek het ’n YouTu­be vi­deo ge­sien van...” dra veel min­der ge­wig as een waar­in jy non­cha­lant jou sel­foon uit­haal om jou eie vi­deo’tjie te wys van waar die leeus en die hi­ë­nas slaags ge­raak het by die Suns­et­dam.

Fa­ce­book is daar om ná jou va­kan­sie met jou fo­to’s te spog (en om die fa­mi­lie in Aus­tra­lië ’n bie­tjie suur te maak).

Maar nee, ek mis ook nie die in­ter­net wan­neer ek in die bos is nie. Ek wil juis in die bos gaan ver­dwaal so­dat ek nie in die in­ter­net ver­stren­gel hoef te raak nie.

Nog iets wat ’n mens nie reg­tig no­dig het nie, is al die keu­ses wat ons win­kels bied. Ek ont­hou ’n be­soek aan Zim­bab­we so­wat ’n de­ka­de ge­le­de. Dit was ’n moei­li­ke tyd vir Zim­bab­we – brand­stof was by­na on­be­kom­baar, en die win­kel­rak­ke was dik­wels by­na leeg.

Dit was in die dor­pie Ju­li­as­da­le in die oos­te van die land. Ju­li­as­da­le se e­nig­ste skaf­li­ke win­kel was oop, maar het om­trent niks te koop aan­ge­bied nie: en­ke­le blik­kies bo­ne, ’n paar sak­kies sui­ker en meel, ker­se, vuur­hout­jies. Niks op die rak­ke was styf teen me­kaar ge­pak nie, want daar was nie genoeg goed op die rak­ke nie. Pro­duk­te het me­ters van me­kaar af ge­staan.

Daar was wel ’n oor­vloed ta­ma­ties en ’n paar ver­lep­te aar­tap­pels, maar geen an­der groen­te of vrug­te nie. As jy iets wou eet, moes jy ta­ma­ties eet – ie­mand in die om­ge­wing het se­ker ’n goeie oes ge­had en al­les hier kom af­laai.

Maar dit was ou­kei – daar was kos om te koop en ek sou nie van die hon­ger om­kom nie.

Ek ont­hou nog goed hoe oor­bluf ek la­ter in Suid-A­fri­ka was deur die oor­vloed be­skik­ba­re keu­ses in my buurt se su­per­mark. Al die rak­ke was vol­ge­prop – die oom­blik as een pak kaas­krul­le ver­koop word, word ’n nu­we een in sy plek in­ge­druk. Ek kon kies uit tien­tal­le ver­skil­len­de soor­te seep, sjam­poe en tan­de­pas­ta. Selfs by die blat­jan­g­rak kan ’n mens lank staan en tob voor jy be­sluit wat­ter een jou guns­te­ling is.

Ja, dis lek­ker om hier­die op­sies te hê in die le­we. Soms dink ons selfs dat ons dit ver­dien, dat dit ons reg is. Maar dit is nie. Dink ’n bie­tjie mooi hier­oor volgende keer wan­neer jy in een van ons mo­der­ne su­per­mark­te – tem­pels vir ge­mak, keu­se en oor­vloed – in­stap. Daar is men­se vir wie dit nie be­sko­re is nie – nooit nie.

Een van die ge­not­vol­le din­ge van ’n lang kamp­va­kan­sie is juis dat jy leer om klaar te kom met dit wat jy in­ge­pak het, of dit wat jy ie­wers by ’n pad­stal kon koop. Skie­lik het ’n mens min­der keu­ses, en moet jy meer kre­a­tief be­gin dink oor hoe jy jou maal­tyd gaan be­rei.

Ek het een­keer op my eie na­by die Nau­kluft­berg in Namibië ge­kamp. Al wat aan die ein­de van die va­kan­sie in my kos­krat oor­ge­bly het, was een groen­ris­sie, ’n bie­tjie couscous en ’n ui. Toe hol ek die groen­ris­sie uit, stop dit met die couscous en ge­kap­te uie, rol dit toe in foe­lie en braai dit op die ko­le.

Was die maal­tyd ’n reu­se-suk­ses? Nie reg­tig nie, maar ek ont­hou dit nog goed! Daar is an­der din­ge – en men­se – waar­son­der ek kan klaar­kom... en ek’s se­ker die mees­te le­sers sal se­ker saam­stem. Soos daai buur­man wat ge­reeld met sy bak­kie se een wiel in jou blom­bed­ding par­keer. Of jou baas.

’n Stad is ’n plek met baie men­se, en baie men­se be­te­ken baie mo­tors en baie ge­raas. Mag­tig, men­se kan ge­raas maak! As ’n mens met va­kan­sie was, be­gin jy ge­woond raak aan die ge­rit­sel van die palm­bo­me saans bui­te jou hui­sie by In­ham­ba­ne, of die dood­se stil­te van ’n Ka­la­ha­rin­ag. Dan is 50 men­se wat te­ge­lyk in ’n kof­fie­win­kel praat (of hier in die ver­trek­lo­kaal waar ek sit...), skie­lik oor­ver­do­wend. ’n Mens wil by­na jou oor­plui­sies in­sit, of jou kla­s­kap­tein­bal­kie af­stof en al­mal stil­maak.

Aan die mo­tors kan ons on­ge­luk­kig ook nie veel doen nie – en ek’s net so lief vir my ry­ding. Maar ’n stad, al daai ver­keer... dit gee ’n ou eers ’n kop­seer, dan grys ha­re, en uit­ein­de­lik val dié ook uit.

Dis be­lang­rik om ’n paar to­ne­le in jou ge­heu­e­bank te be­waar waar­heen jy kan ont­snap wan­neer die ver­keers­ba­ne soos lui­slan­ge om jou be­gin druk.

Wat van daai slag toe jy in die son sit en droog­word het ná ’n swem in N­ge­pi Camp se kro­ko­dil­bestan­de swem­bad? Of die Ka­rook­op­pie wat jy, jou seun en jul­le hond an­der­kant Vic­to­ria-Wes uit­ge­klim het? Of dalk die ein­de­lo­se Kar­ring­melk­spruit wat om jou en­kels vloei ter­wyl jy die een ná die an­der vlie­gie op die wa­ter sit in die hoop dat ’n fo­rel sal vat?

Hou jou ont­snap­roe­tes oop in die le­we. Jy moet reis wan­neer jy kan, weg­kom wan­neer moont­lik. Dit hoef nie al die pad Zam­be­si­ri­vier en tier­vis­se toe te wees nie – die dorps­dam en karp­vang vir die na­week is goed genoeg. Jy moet rus­tig­heid op­gaar – dis ’n hulp­bron, glo my – vir tye wan­neer beurt­krag in­skop, die re­ke­nin­ge op­hoop of die ge­druis jou wil-wil ver­swelg.

Die aan­kon­di­ger se stem raas nou oor die in­ter­kom. Ek moet my re­ke­naar weg­pak – dis am­per tyd om op die vlieg­tuig te klim na Jo­han­nes­burg. Ek hoop ek sit by ’n ven­ster so­dat ek kan af­kyk op die vol Mak­ga­dik­ga­di­pan, waar­in ek ’n week ge­le­de ge­swem en ’n koue bier lê en drink het.

Daar­die her­in­ne­ring gaan ek een of an­der tyd no­dig kry; dus wil ek góéd kyk, en dit or­dent­lik laat in­sink.

‘Jy moet rus­tig­heid op­gaar – dis ’n hulp­bron,

glo my – vir tye wan­neer beurt­krag in­skop, die re­ke­nin­ge op­hoop of die ge­druis

jou wil-wil ver­swelg.’

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.