TOE­RUS­TING

Ons toets fles­se en be­kers om uit te vind wat­ter een jou kof­fie die lang­ste warm hou. Ons proe ook ses ge­wil­de kits­kof­fies (ver­pak in sak­kies) wat jy op jou volgende stap­toer kan neem.

Weg! - - Inhhoud -

Hou jou boe­re­troos warm langs die vis­wa­ter in dié fles­se

Na­tu­ral In­s­tincts

Hier­die fles het ’n bil­li­ke prys, maar on­ge­luk­kig het hy die swak­ste ge­vaar in ons toets.

Som­mer da­de­lik na­dat die prop toe­ge­draai is, kon jy voel hoe die wand ef­fens warm raak. Dis nie ’n swak fles nie, want hy sal jou kof­fie da­rem agt uur lank warm hou. Maar drink dit liefs deur die dag op – teen van­aand smaak dit soos lou bad­wa­ter. Be­ker­vo­lu­me 170 ml

Tem­pe­ra­tuur­toets 79,9 °C (4 uur); 66,7 °C (8 uur); 47,8 °C (12 uur)

R215 by Out­door Wa­re­hou­se

Ca­pe U­ni­on-1 ℓ-fles

Gegewe die prys het hier­die fles se ver­moë ons be­ïn­druk – en dan lyk hy boon­op ook mooi. Die wa­ter was ná vier uur ko­kend, en selfs teen die twaalf­de uur was dit warm genoeg vir kof­fie­maak.

Ons het ver­al van die op­wip­tuit ge­hou wat nooit mors nie, hoe­wel dit ’n bie­tjie lan­ger vat om te skink. Jy kan dié ou­tjie ge­rus oorweeg as ’n Kers­ge­skenk vir pa. Be­ker­vo­lu­me 200 ml

Tem­pe­ra­tuur­toets 82,8 °C (4 uur); 73 °C (8 uur); 62,9 °C (12 uur)

R150 by Ca­pe U­ni­on Mart

I­sos­teel MIL G­reen

Dié fles lyk as­of hy ’n kern­oor­log sal oor­leef en hy hou genoeg kof­fie om selfs Ram­bo se dors te les.

Die fles is swaar en die mi­li­tê­re voor­koms gaan dalk die on­ge­wens­te aan­dag trek van ’n grens­pos­be­amp­te. Teen meer as vier keer die prys van die Ca­pe U­ni­on Mart-fles is dit jam­mer dat hy nie be­ter pres­teer nie, maar hy lyk nog­al in­druk­wek­kend. Be­ker­vo­lu­me 360 ml

Tem­pe­ra­tuur­toets 81,9 °C (4 uur); 74,7 °C (8 uur); 66,4 °C (12 uur)

R700 by li­te­op­tec

S­tan­ley Clas­sic

Wat is ’n ar­ti­kel oor kof­fie­fles­se son­der ’n S­tan­ley? Dié le­gen­da­rie­se fles met sy groen huls is on­ge­twy­feld duur­saam, maar sy ver­moë om wa­ter warm te hou is niks om oor huis toe te skryf nie.

Waar­om ek­stra be­taal vir ’n S­tan­ley? Dis ’n han­dels­naam waar­op jy kan staat­maak en die le­wens­lan­ge waar­borg is nie te ver­smaai nie. Be­ker­vo­lu­me 200 ml

Tem­pe­ra­tuur­toets 84,2 °C (4 uur); 75,5 °C (8 uur); 64,5 °C (12 uur)

R750 by bui­te­le­we­win­kels; out­door­wa­re­hou­se.co.za

GSI Out­doors

Hier­die is ’n ste­wi­ge en mooi fles en hy het goed ge­vaar in ons toets.

Ons hou van die rub­ber­laag op die boom wat keer dat dit teen ’n bak­kie se en­jin­kap sal af­gly, en die be­ker se goeie i­so­la­sie keer dat jou kof­fie vin­nig koud raak.

’n Mens hoef die prop net half­pad uit te draai om kof­fie te skink – dit mors as jy die prop te ver uit­draai.

Be­ker­vo­lu­me 250 ml

Tem­pe­ra­tuur­toets 83,8 °C (4 uur); 76,9 °C (8 uur); 65,2 °C (12 uur)

R670 by ram­moun­tain.co.za

I­sos­teel Duo

Hier­die fles het twee be­kers (een aan el­ke kant) en hy het uit­ste­kend ge­vaar in ons toets.

Die uit­vou­hand­vat­sel is nut­tig, maar waar­van ons die mees­te hou, is die klep in die prop wat skink mak­lik maak. Hoe­wel hy hom goed van sy taak kwyt en ’n ek­stra be­ker bied, is ons nie gaan­de oor sy voor­koms en groot­te nie – van­daar die derde plek op die po­di­um. Be­ker­vo­lu­me 300 ml

Tem­pe­ra­tuur­toets 84,7 °C (4 uur); 77,5 °C (8 uur); 66,9 °C (12 uur)

R740 by li­te­op­tec.co.za

At­las­wa­re-1 ℓ-bot­tel

Moe­nie dat sy lig­te ge­wig en af­me­tings jou in sy ver­moë laat twy­fel nie, want dié bot­tel het ’n uit­ste­ken­de fi­na­le tem­pe­ra­tuur­le­sing be­haal in ons toets.

Dit was na­el­skraaps of die At­las­wa­re-bot­tel was die al­ge­he­le wen­ner, maar on­ge­luk­kig het hy nie ’n be­ker nie. Dis ’n erns­ti­ge ge­brek, want ’n mens kan da­rem nie som­mer so uit ’n warm­wa­ter­bot­tel drink nie!

Tem­pe­ra­tuur­toets 84,2 °C (4 uur); 77,6 °C (8 uur); 67,7 °C (12 uur)

R550 by Trap­pers

T­her­mosdry­wen­de fles

Ons het ver­moed dié fles gaan goed vaar in ons toets. Die bui­te­wand is taai en jy hoef nie die prop heel­te­mal uit te draai voor­dat jy skink nie.

Die fles dryf op wa­ter – selfs al is hy vol – en der­hal­we is dit ’n goeie ge­skenk vir jou vriend wat uit ’n ka­jak vis­vang. Die be­ker­wand is dun en raak warm, maar dis steeds ’n goeie be­ker. Be­ker­vo­lu­me 370 ml

Tem­pe­ra­tuur­toets 85,8 °C (4 uur); 78,9 °C (8 uur); 67,8 °C (12 uur)

R600 by Out­door Wa­re­hou­se >

WOOR­DE EN FO­TO’S CY­RIL KLOP­PER

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.