TOEKA SE DAE

Weg! - - Inhhoud -

Die Na­kop-grens­pos, 51 jaar la­ter

S­muts Ja­cobs van Louis T­ri­chardt skryf: Ons ge­sin het ge­reeld in die mid­del ja­re ses­tig in die des­tyd­se Suid­wes va­kan­sie ge­hou. Daar­die ja­re was die hoof­roe­te tus­sen die Noord-Kaap en Namibië net grond­pad. Na­kop is die grens, só ge­noem na aan­lei­ding van die spits­kop­pie wat ’n mens daar sien.

Daar was net ’n pad­bord­jie wat ’n aan­dui­ding ge­gee het wan­neer jy van “pro­vin­sie” ver­an­der – die “ko­lo­nie” aan die een kant en “Duitswes” aan die an­der kant, soos par­ty men­se daai tyd daar­na ver­wys het. Om dié grens­pos oor te steek het min­der as ’n se­kon­de ge­duur.

Van­dag is die grens­be­heer nog steeds re­la­tief vin­nig, maar dit kan ook mak­lik ’n uur of lan­ger vat om deur te gaan.

Na­kop was al­tyd ons stil­hou­plek, al was dit net om be­ne te rek of iets te eet – dit was ’n lang pad van Louis T­ri­chardt af! Vir ons as kin­ders was dit ’n by­na ma­gie­se er­va­ring: Aan die an­der kant van dié bord­jie was jy in Suid­wes-A­fri­ka en dít het jou aan­sien by jou maats ver­hoog om te kon sê jy was al in ’n an­der land.

Aan die ein­de van die ja­re ses­tig het my ou­ers, Wil­lie en Glo­di­na, ’n plaas so­wat 80 km noord van Outjo, net dus­kant die E­tosha- na­si­o­na­le park ge­koop. Ons ge­sin het by Na­kop die nu­we land bin­ne­ge­gaan en Suid­wes­ters ge­word.

Na­kop sal al­tyd vir ons ’n be­lang­ri­ke ba­ken bly – dit hou her­in­ne­rin­ge van ’n be­son­der­se tyd­perk.

WAT­TER KANT TOE? Dié fo­to van die Ja­cobs-kin­ders saam met hul­le ma, Glo­di­na, is in Ju­lie 1966 ge­neem toe S­muts 13 jaar oud was. Die Na­kop-grens­pos was nie veel meer as ’n pad­bord­jie nie. Ag­ter staan S­muts, Ester­na en Estel­le, en voor C­har­mai­ne, Eu­ge­ne, El­ro­se en Glo­di­na. Pa Wil­lie het die fo­to ge­neem.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.