Blom­me­tjie ge­denk aan my

Weg! - - Pier­re Sê -

Is daar ’n sil­wer rand te vind in ’n droog­te? Wan­neer al­mal hoop op don­ker wol­ke en vet drup­pels re­ën? In my droë hoe­kie van die Bo­land waar dit nou amp­te­lik win­ter is, maar die plaas­dam­me lyk soos Dooi­e­vlei in Na­mi­bië, vind ek ver­troos­ting in die feit dat ek el­ke blom­me­tjie en plant in my tuin die af­ge­lo­pe maan­de be­ter moes leer ken.

Ter­wyl die vet­plan­te, aal­wy­ne, kruip­vy­gies en ko­ker­bo­me self­vol­daan en on­af­hank­lik voort­stu, moet die groen­te­tuin, die lem­me­tjie­bo­me en selfs die blou­le­lies met gie­ters stort- en kom­buis­wa­ter ge­la­we word.

Dis juis dié daag­lik­se sleur­pro­ses om die tuin aan die le­we te hou wat my op­ge­won­de maak oor die blom­mes­to­rie in van­dees­maand se uit­ga­we.

Sê vir jou­self die blom­na­me in ons blom­mes­to­rie hard­op en dit klink soos ’n Lei­poldt­ge­dig: rooi­bob­be­jaan­tjies, kat­ster­te, vol­struis­vy­gies, blou­ka­los­sies, raap­tol, gan­so­gies, sam­breel­tjies, dui­ker­wor­tel­tjies (tog veel mooi­er as “piet­snot”).

Dis ge­rus­stel­lend dat die na­tuur jaar ná jaar met min tot haar be­skik­king ’n mees­ter­stuk op ’n dor­re skil­der­doek kan skep. ’n Mens moet slim werk met wat jy het. Die­self­de geld vir ons in die me­di­a­be­dryf, waar ’n taai e­ko­no­mie, on­se­ker po­li­tiek en ver­an­de­ren­de ver­brui­kers­pa­tro­ne ons daag­liks uit­daag om meer in­no­ve­rend te wees so­dat ons kan aan­hou blom.

Van­daar die be­sluit om twee van ons sus­ter­tyd­skrif­te, WegRy en WegSleep – al­bei mark­lei­ers in hul­le on­der­skeie seg­men­te – saam te smelt in een om­vat­ten­de tyd­skrif vir bui­te­lug­men­se ge­naamd Weg Ry & Sleep, as­ook ’n En­gel­se weer­ga­we, go! D­ri­ve & Camp.

Wees ge­rus op die uit­kyk vir die eer­ste uit­ga­we van die nu­we tyd­skrif (dit sal die Au­gus­tus-uit­ga­we wees) wat reeds 24 Ju­lie te koop sal wees. Nes jy in blom­tyd in die Han­tam rooi­kat­ster­te en har­le­kyn­blom­me langs me­kaar sien, sal jy die nu­we Weg Ry & Sleep reg langs jou Weg op die rak vind – skou­er aan skou­er.

RE­DAK­TEUR

PS­teyn@Me­dia24.com

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.