AG­TER DIE SKERMS

Weg! - - Pierre Sê -

Ons fo­to­re­dak­teur, S­hel­ley Chris­ti­ans (regs op die fo­to), se ge­sins­al­bum is vol fo­to’s van haar en haar sus­ter wat in blom­me­vel­de langs die N7 po­seer.

Toe ek en my sus­ter, Lee-Ann, kin­ders was, het ons ge­reeld saam met my ou­ers van die Kaap af ge­ry om vir my ouma en ou­pa op Cal­vi­nia te gaan kui­er. Om te sien hoe die land­skap wat ge­woon­lik dor is, in die len­te ont­plof met le­we was vir ons tog­te won­der­lik. My pa het nie baie van die hoof­roe­tes af­ge­draai nie – hy was nog­al ge­steld daar­op om op die be­plan­de tyd by ons be­stem­ming aan te kom.

In die 2015-blom­me­sei­soen is ek saam met ons joer­na­lis Sophia van Taak Nieu­woudt­vil­le toe en sy het my be­kend ge­stel aan die gas­te­plaas Pap­kuils­fon­tein. Ek het hul­le blom­me­toer ge­doen en het ver­stom ge­staan in die vel­de vol kat­ster­te.

Laas­jaar het ek en my seun, TJ, al die pad tot op S­pring­bok ge­ry om die blom­me af te neem vir hier­die uitgawe. Ons het by u­nie­ke plek­ke ge­bly en het goeie her­in­ne­rin­ge van braai on­der die ster­re. (My seun het g’n i­dee ge­had dat ek ’n or­dent­li­ke vuur kan maak én kan braai nie!)

As jy in Au­gus­tus en Sep­tem­ber in die wes­te­li­ke en noord­wes­te­li­ke de­le van die land gaan draai, vat ’n paar af­draai­paaie en ver­ken die dor­pies in die om­ge­wing. Elk­een het sy eie ver­ras­sings. En vat jou ka­me­ra saam. Die fo­to­ge­leent­he­de is vol­op. Kyk na dié maand se Men­se se Lense (bl. 58) vir in­spi­ra­sie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.