Daar’s ’n ra­tel los in Melk­bos!

Weg! - - Pierre Sê -

My skoon­ou­ers, Lou­rens en Sa­rie Ba­den­horst, het in Mei van­jaar ’n in­te­res­san­te be­soe­ker ge­had in hul­le huis in Melk­bos­strand in die Kaap. Een og­gend is die ys­kas­sie wat op hul­le stoep staan, ge­plun­der. Die “dief” keer toe ewe a­strant die volgende aand te­rug om te kyk of die ys­kas weer ge­vul is.

Die bu­re het ge­re­ken dis ’n muis­hond, maar my vrou, E­sna, het da­de­lik be­sef dis ’n ra­tel van­weë die ver­dag­te se krag en in­tel­li­gen­sie.

Ons het ’n ka­me­r­a­strik in sa­me­wer­king met die Trust vir Kaap­se lui­perds ge­stel en teen Sa­ter­dag was die skul­di­ge ge­ï­den­ti­fi­seer. Die Die­re­be­sker­mings­ver­e­ni­ging het ons ge­help om ’n vang­hok op te stel. Die eer­ste aand het Ta die hok ge­fnuik en rus­tig pro­beer om die aas van bui­te af by te kom. Dit het ons kans ge­gee om ’n paar fo­to’s te neem. Die volgende aand het ons hom vas­ge­trek – half­een die nag!

Hy is in die Blou­berg-na­tuur­re­ser­vaat los­ge­laat, maar ons sal nie ver­baas wees om weer van hom te hoor nie.

WALLIE VAN DER WALT, Kaap­stad

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.