My Trai­l­bus­ters is al 26 jaar oud!

Weg! - - Vooraf Briewe -

Ek skryf na aan­lei­ding van die toe­rus­ting­sto­rie in Weg #150 oor ou staat­ma­ker-pro­duk­te, soos dié Trai­l­bus­ter-leer­ste­wels.

In die laat 80’s was ek ’n paar keer by die jaar­lik­se be­ke­r­uit­de­ling van die Wes­te­li­ke Pro­vin­sie-rug­by­klub on­der Nu­we­land se hoof­pa­wil­joen.

Wat my op­ge­val het van die Ma­tie­spe­lers (hul­le het die mees­te be­kers ge­wen), was hul­le kle­re­drag: ma­roen baad­jie, das, je­ans en die ste­wels met die rooi ve­ters.

Ek het uit­ge­vind die ste­wels word deur die Lub­be-fa­briek op S­tel­len­bosch ge­maak. Ek het toe vir my ’n paar laat maak: T3- of T5bo­stuk­ke (ek kan nie lek­ker ont­hou nie – dis im­mers 26 jaar ge­le­de) met Dun­lop SP 49-bui­te­ban­de vir so­le, vir ’n ska­me­le R160!

Dit was in Sep­tem­ber 1991 en ek dra hul­le nou nog. Hul­le is al ’n bie­tjie ver­weer, maar ek kry steeds kom­pli­men­te.

Dit was voor­waar ’n hart­seer­dag toe Lub­be in 2001 sy deur ge­sluit het. GERALD CHAMBERLAIN, Pa­row

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.