LOUIS VAN VUREN

Weg! - - Vooraf Briewe -

van S­tel­len­berg vra: Ek het dié fo­to van ’n ge­ban­de sper­wer langs die Kan­nie­dood­dam na­by S­hing­we­d­zi in die Kru­ger­wild­tuin ge­neem. Ek weet dat roof­vo­ëls an­der vo­ëls vreet en het al ge­sien hoe ’n valk in vlug ’n duif (on­suk­ses­vol) aan­val, maar hier­die was die eer­ste keer dat ek ’n fo­to kon neem van ’n roof­vo­ël wat ’n an­der vo­ël vreet. Ek het on­ge­luk­kig nie die vangs ge­sien nie. Ek suk­kel om die prooi­vo­ël uit te ken. Vol­gens die Sa­sol-vo­ëlapp op my slim­foon tel klein vo­ëls ge­reeld on­der dié sper­wer se prooi, maar hier­die prooi is dui­de­lik nie klein nie.

Die vo­ël­ken­ner PROF. ADRIAN CRAIG ant­woord: My eer­ste in­druk was dat die prooi waar­skyn­lik ’n wit­bors­dui­fie is. Maar van na­der be­kyk, lyk die be­ne te lank en skraal vir ’n duif. Ek is dus glad nie se­ker wat­se vo­ël dit is nie. On­ge­luk­kig is die kop óf reeds af óf nie sig­baar nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.