Kyk ’n kol­kat in die oë

Weg! - - Vooraf Briewe -

In Ok­to­ber ver­le­de jaar het ek ’n won­der­li­ke ont­moe­ting met ’n lui­perd­man­ne­tjie ge­had by die Biy­a­mi­ti-keer­wal op die S114 in die Kru­ger­wild­tuin. Toe ek by die keer­wal aan­kom, was daar net een voer­tuig. Die lui­perd was ’n ent­jie weg en het sta­dig na my voer­tuig aan­ge­stap ge­kom en toe op die keer­wal ge­spring vir ’n ver­to­ning wat ‘n mens nie al­dag sien nie!

Hy het op die rot­se ge­lê, wa­ter ge­suip, heen en weer ge­loop en my toe van ’n paar me­ter af be­kyk. Die a­dre­na­lien het be­hoor­lik ge­pomp.

Par­ty men­se was kri­ties oor my oop ven­ster, maar ek het die si­tu­a­sie

ge­ë­va­lu­eer en die lui­perd het geen­sins in my be­lang ge­stel nie. Ek kon een­vou­dig nie die ge­leent­heid laat ver­by­gaan nie.

GRAEME MITCHLEY, Jo­han­nes­burg

Die wild­le­we­ken­ner L.D. VAN ESSEN sê: Daar is ’n paar din­ge wat in Graeme se guns tel. ’n Dier sien jou nie as ’n mens in ’n voer­tuig nie. Jy is bloot deel van ’n “ding” en die reu­ke – brand­stof, uit­laat­gas­se, o­lie, en­so­voorts – ver­doe­sel tot ’n ma­te jou reuk.

Die lui­perd be­weeg ook na die voer­tuig toe. As ge­vaar­li­ke die­re soos leeus, o­li­fan­te, lui­perds, buf­fels en re­nos­ters na jou toe be­weeg, is daar ’n min­de­re kans dat die si­tu­a­sie ge­vaar­lik kan raak. Die dier kies om sy ge­mak­so­ne aan te pas; jy dring dit nie bin­ne nie.

Die si­tu­a­sie kan eg­ter steeds ont­aard. ’n Wil­de dier bly ’n wíl­de dier. Graeme was waar­skyn­lik nie in die ge­val in ge­vaar nie. Maar as hy skie­lik in die voer­tuig be­weeg het toe die lui­perd na­by hom was, kon din­ge an­ders ge­wees het. Op ’n an­der dag, ’n an­der lui­perd of die­self­de lui­perd en din­ge kan an­ders ver­loop. Wan­neer dit by wil­de die­re kom, is my leu­se al­tyd: Wees lie­wer té ver­sig­tig!

Kyk ’n lui­perd in die oë... Weg se Kru­ger-gids is op die rak, of be­stel een by win­kel.weg.co.za teen R55. (Dis ver­moe­de­lik nie die­self­de lui­perd nie!)

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.