Ian Litt­le

Die bi­o­loog dr. Ian Litt­le, be­stuur­der van die Trust vir Be­dreig­de Na­tuur­le­we (EWT) se ha­bi­tat­pro­gram, is on­langs in Lon­den as een van die wen­ners van die ge­sog­te W­hit­ley-toe­ken­ning aan­ge­wys. Dié toe­ken­nings staan be­kend as die “Groen Os­cars” en wen­ners k

Weg! - - Vooraf Kortliks -

Waar kom jou lief­de vir die bui­te­le­we van­daan? Dit was maar nog al­tyd daar. Ek het in die Dra­kens­berg by Cat­he­dral Pe­ak groot­ge­word – my pa was ’n bos­bou­er daar. Ons het la­ter drie jaar in I­da­ho (A­me­ri­ka) ge­bly en toe op ’n plaas in die Oos-Kaap. Ek is al so lank as wat ek kan ont­hou, lief vir die­re en wil­de plek­ke.

Wat be­hels die werk? Die trust werk om wil­de spe­sies en ge­bie­de te be­waar. Die na­tuur word be­dreig deur men­se wat on­ver­ant­woor­de­lik op­tree – ge­woon­lik as ge­volg van gie­rig­heid of on­kun­de. Ons pro­beer men­se be­wus maak van ons werk deur te ver­dui­de­lik hoe die mens sal swaar­kry son­der dié na­tuur­li­ke hulp­bron­ne, maar die fo­kus bly op die be­sker­ming van die na­tuur.

Hoe lyk ’n ti­pie­se werks­dag? My pos be­hels on­ge­luk­kig dat ek op die oom­blik meest­al in die kan­toor sit. Ek hou toe­sig oor al EWT se ha­bi­tat­pro­gram­me en hou my be­sig met on­der meer fonds­in­sa­me­ling en stra­te­gie­se be­plan­ning.

Ek mis die dae toe ek net op veld­werk kon fo­kus, maar ge­niet dit om saam met pas­sie­vol­le men­se te werk. Waar ek nou is, het ek die kans om op die lan­ge duur ’n gro­ter im­pak op be­wa­ring hê – dit maak al­les die moei­te werd.

Ek pro­beer om so ge­reeld as moont­lik in die veld te kom, en wan­neer ek nou in die bui­te­lug va­kan­sie hou, is dit nóg meer kos­baar!

Hoe het jy in dié loop­baan be­land? Ek dink die werk het my ge­kies. My Ph.D.-na­vor­sing het ge­fo­kus op gras­veld­be­wa­ring en net daar­na was dié pos be­skik­baar. Ek was reg­tig baie ge­luk­kig. Wat is die bes­te deel van wat jy doen? Om te sien hoe din­ge ten goe­de ver­an­der vir spe­si­fie­ke spe­sies en ha­bi­tats, en om saam met toe­ge­wy­de kol­le­gas te werk.

En die sleg­ste? Om die voort­du­ren­de ver­woes­ting en geld­gie­rig­heid te sien wat so al­ge­meen ge­word het in die mo­der­ne sa­me­le­wing en by po­li­ti­ci. Dit ver­oor­saak dat ek die mens al min­der ag.

Hoe het dit ge­voel om te hoor jy het die W­hit­ley-toe­ken­ning ge­kry en waar­voor gaan die geld ge­bruik word? Dit was won­der­lik, al het ek nie reg­tig toe be­sef tot hoe­veel er­ken­ning dit gaan lei nie.

Die geld gaan ge­bruik word om die gras­veld- en woud­ha­bi­tat op die Oos­te­li­ke pla­to­rand noord van die hui­di­ge uK­hahlam­baDra­kens­berg-park op die lan­ge duur te be­waar. ’n Mag­dom in­heem­se en be­dreig­de spe­sies kom hier voor én dis een van die land se stra­te­gie­se wa­ter­bron­ge­bie­de.

Hoe kan ge­wo­ne men­se help met be­wa­ring? Daar’s ver­skil­len­de ma­nie­re. Help ons om re­ge­rings­on­der­steu­ning te kry vir be­wa­ring en hou op met on­ver­ant­woor­de­li­ke myn­bou en ont­wik­ke­ling.

Leef self so vol­hou­baar as moont­lik so­dat die im­pak op jou om­ge­wing so ge­ring as moont­lik is. En on­der­steun die EWT – dis ’n nie­re­ge­rings­or­ga­ni­sa­sie wat staat­maak op be­fond­sing en sken­kings om ons werk te doen. Hoe meer be­fond­sing ons het, hoe meer kan ons vir be­wa­ring doen ( ewt.org.za).

As my skip in­kom… sal ek be­wa­rings­grond koop, so­dat be­lang­ri­ke spe­sies en ha­bi­tats be­skerm kan word. My droom­be­stem­ming is... on­moont­lik om te kies, daar’s te veel! Groot ei­lan­de soos Ma­da­gas­kar of Bor­neo is bo­aan die lys – dit word teen so ’n stink­spoed ver­woes dat ek graag die na­tuur­li­ke skoon­heid sal wil sien voor dit vir al­tyd weg is.

– Su­zaan Hau­man

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.