Vi­vo-vleis­mark, Vi­vo, Lim­po­po

Weg! - - Vooraf Kortliks - – To­ast Coet­zer

Wan­neer jy op Vi­vo is, is jy ín die Bos­veld. Die or­dént­li­ke Bos­veld, waar bak­kies re­geer, do­ring­bo­me blom, wild­hei­nings he­mel toe staan en ge­we­re saam­ry veld toe. Ja, in die win­ter is dit jag­wê­reld, en by die Vi­vo-vleis­mark kan jy wilds­bil­tong (R166,90/kg) koop om jou spens­kas vol te pak vir die ma­er maan­de. Bees­bil­tong kos R270/kg, bees­dro­ë­wors R210/kg en die ge­wil­de ba­be­las­dro­ë­wors (ca­ba­nos­si met ’n ris­sie­geur­sel – koop meer as wat jy dink jy no­dig het!) R210/kg. ’n T-been­skyf kos R128,90/kg.

Hier is ook ’n ver­skei­den­heid vark­vleis­pro­duk­te en dis ver­al lek­ker­nye soos die oep­sies en die ge­vleg­te vark­spek­so­sa­ties wat as braai­voor­ge­reg jou buur­man gaan ja­loers maak.

Hout, hout­skool en braai­tan­ge is te koop, as­ook Bergh-sou­se (jy sal dit ken as jy in Lim­po­pop bly) soos Krans­kop-rooi­pe­per­sous en Wolk­berg- en Yster­berg-blat­jang (laas­ge­noem­de is vir die ou­ens wat nie bang is vir tong­brand nie).

Op die rak­ke sal jy ook on­ge­wo­ne goed soos ok­ker­neu­t­o­lie, ma­roe­la­jel­lie en koe­ja­wel­kon­fyt kry. Be­skuit, JanPap-meel en ko­ring­vrye tag­li­o­li­ni (met an­der woor­de: ’n soort pas­ta) is ook te koop.

In­dien jy self ’n jag­ter is en iets in die om­ge­wing kom skiet het, kan jy die bok by Vi­vo-vleis­mark af­laai om be­werk te word. Jy kan ook voor­af vleis be­stel en dit laat op­saag en sny in die snit­te wat jy verlang. Waar? Op Vi­vo, langs die Vi­va-vul­sta­sie. Oop Ma.-Do. 7.30 vm.-5 nm. ; Vry­dae tot 6 nm. en Sa­ter­dae 8 vm.-1nm. Kon­tak 015 593 0054

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.