Skep ’n leef­tyd se va­kan­sies

Weg! - - Vlaggie -

S­tuur ie­mand op va­kan­sie, en hy’s (dalk) vir ’n week of wat ge­luk­kig. Maar leer hom hoe om te kamp en hy sal vir die res van sy le­we breed glim­lag – ver­al as hy die reg­te toe­rus­ting het!

Daar’s min din­ge lek­ker­der as om jou tent on­der ’n ka­meel­do­ring­boom by Ses­riem in Namibië op te slaan... Pak die sleep­wa uit, steek ’n vuur aan, sit ag­ter­oor in jou ge­mak­li­ke kamp­stoel, steek jou hand by die stoel se in­ge­bou­de koel­boks in en haal ’n koue bier uit.

Kyk dan hoe die son se laas­te stra­le die Na­mib o­ran­je ver­kleur. Dis am­per tyd om daai Na­mi­bie­se bief­stuk op die ko­le te gooi!

Dís mos nou sa­lig.

Drink die stil­te in Mô­re gaan jy die man­ji­fie­ke dui­ne by Sos­sus­vlei ver­ken, die dooie bo­me by Dooi­e­vlei be­kyk en deur die Ses­rie­m­ca­nyon stap. Dit gaan ’n be­si­ge dag wees, maar ge­luk­kig gaan jy van­aand soos ’n ba­ba slaap, want met Camp­mas­ter is jy goed voor­be­reid.

Jy kan tot 290 kg se toe­rus­ting en ba­ga­sie in die sleep­wa pak – dit be­te­ken daar is meer as genoeg plek vir slaap­nood­saak­lik­he­de soos ’n goeie ma­tras en kamp­bed.

Dit waar­borg dat jy nie sog­gens seer en styf op­staan nie – ’n goeie i­dee as jy ’n mon­ster­duin soos Big Dad­dy wil ta­kel!

Maak jou­self tuis in jou hol­ve­sel­slaap­sak, we­tend dat die byt in die lug jou nie van­nag gaan pla nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.