‘Maak vol met R­wan­da, as­se­blief’

R­wan­da is só klein dat jy om­trent die he­le land op een tenk pe­trol kan “doen”. En hier, in die tro­pie­se hart van A­fri­ka, kan jy din­ge sien wat jy nê­rens el­ders op die vas­te­land sal te­ë­kom nie. WOOR­DE

Weg! - - Reis Rwanda - TO­AST COET­ZER FO­TO’S TO­AST COET­ZER EN ALICE INGGS

R­wan­da lê net ’n pie­sang­leng­te on­der die e­we­naar, en wan­neer ons die land bin­ne­ry van Tan­za­nië se kant af, word dit da­de­lik groe­ner bui­te die ven­ster van die For­tu­ner: rys­lan­de waar men­se on­der kleur­ry­ke sam­bre­le rond­be­weeg, pie­sang­plan­ta­sies en groen­te­tui­ne op el­ke be­werk­ba­re lap­pie grond.

R­wan­da is klei­ner as Le­so­tho, en net so berg­ag­tig, wat be­te­ken dat jy ge­du­rig oor berg­pas­se of met kron­ke­len­de paaie langs ry. Dit is raar om vir selfs ’n hal­we ki­lo­me­ter ge­lyk en reg­uit te kan aan­stoot.

R­wan­da is eg­ter ook rof­weg vyf keer meer dig­be­volk as Le­so­tho; dus is vin­nig ry bui­te die kwes­sie, want jy moet die mooi teer­paaie dik­wels met tien­tal­le voet­gan­gers en fiets­ry­ers deel. (Ons het ie­wers selfs R­wan­da se na­si­o­na­le fiets­ry­span sien oe­fen.)

Be­soe­kers aan R­wan­da kan ge­tuig van hoe skoon die land is. Op die laas­te Sa­ter­dag van el­ke maand neem el­ke bur­ger deel aan ’n ge­meen­skaps­pro­jek (dit word “U­mu­gan­da” ge­noem) in sy of haar woon­buurt, wat bai­e­keer be­hels om vul­lis op te tel. Dit help baie dat plas­tiek­sak­ke on­wet­tig is – ’n paar jong sol­da­te wat ons kar by die Ru­sumo-grens­pos deur­soek het, het wrag­gies van ons in­ko­pie­sak­ke ook af­ge­neem.

Die bu­ro­kra­sie by dié mo­der­ne grens­pos was eg­ter mi­ni­maal, en kort voor lank is ons en ons For­tu­ner veilig op pad in die rig­ting van die hoof­stad, Ki­ga­li.

Hier wil ons eers a­sem skep, en dan die res van ons R­wan­da-va­kan­sie be­plan.

Die stad van heu­wels

Die ge­mid­del­de jaar­lik­se re­ën­val in Ki­ga­li is so­wat 950 mm – en soos ons die hoof­stad na­der, ry ons kort-kort deur los bui­tjies. Met die lae grys wol­ke en diep val­leie waar­deur ons soms ry, voel dit as­of die land­skap k­nus om ons lê. Ver­al ná ’n paar we­ke op die gras­vlak­tes van Se­ren­ge­ti en N­gor­on­goro (sien Weg #151 en #152 vir ar­ti­kels oor dié twee su­per­par­ke) voel dit am­per be­noud om deur R­wan­da te ry.

Ek was agt jaar van­te­vo­re ook in Ki­ga­li, en die stad het se­dert­dien uit­ge­brei. Die GPS in ons For­tu­ner se stads­kaart is ook nie meer 100% nie – hier en daar kan ek sien dat nu­we ver­keer­sir­kels en stra­te aan­ge­lê is.

Na by­na drie we­ke in Noord-Tan­za­nië se na­si­o­na­le par­ke is ek en my meisie, Alice Inggs, nou by­na mens­sku. Ons was lank­laas in ’n stad so woe­lig soos Ki­ga­li. Ons is moeg ge­kamp en be­gin da­de­lik rond­soek na ’n be­kos­tig­ba­re ho­tel – mak­li­ker ge­sê as ge­daan.

Uit­ein­de­lik be­sluit ons op die Tan­gren­ho­tel op een van die heu­wels waar­oor Ki­ga­li uit­ge­sprei lê.

Daar­die aand klim ons vir die eer­ste keer in we­ke on­der ’n warm s­tort in. Die volgende og­gend slaap ons laat. Dis tyd vir was­goed was, bat­te­rye her­laai (die ka­me­ras s’n én ons eie) en ons­self ’n bie­tjie be­derf.

’n Vrien­din (wat ’n paar jaar hier ge­werk het) het my ver­tel van die I­ki­re­zi-boek­win­kel en ons ont­dek dat dit net ag­ter ons ho­tel is. Ons stap som­mer soon­toe.

Die boek­win­kel deel ’n vloer met In­zo­ra Roof­top Café, en dis hier waar ons vir ont­byt aan­sit, met heer­li­ke R­wan­de­se kof­fie (jy kan ook rooi­bos­tee be­stel – dié is dank­sy my

vrien­din wat ge­reeld hier rond­ge­hang het...).

Ek en Alice koop ’n paar boe­ke, ’n land­kaart en pos­kaar­te wat ons be­gin skryf aan ons vrien­de en fa­mi­lie so­wat 5 000 km pad­langs suid hier­van­daan.

Ons is al mid­del Sep­tem­ber uit Kaap­stad weg, en dis nou vroeg No­vem­ber. Bin­ne­kort sal ons moet te­rug­draai.

Ons be­gin be­plan met die kaart en ’n gids­boek voor ons. Vir eers wil ons nog ’n dag in Ki­ga­li ver­toef, maar waar­heen dan?

Op my vo­ri­ge reis na R­wan­da, in 2008, was ek in die Nyung­we- na­si­o­na­le park, en ek het al­tyd ge­hoop dat ek dit weer sou kon be­soek.

Ek het ook ’n plan met die Kon­go, en het reeds ’n ak­sie­be­laai­de 48 uur in dié buur­land van R­wan­da be­spreek. Ek gaan eers ’n vuur­spu­wen­de berg uit­klim, en dan die berg­go­ril­las be­soek in die Vi­run­ga- na­si­o­na­le park. ( Lees oor hier­die deel van To­ast se toer in ’n ko­men­de uitgawe van Weg. – Red.)

Alice het eg­ter geen be­hae in die Kon­go nie, en ook nie in vul­ka­ne of berg­go­ril­las nie. Sy het in ons gids­boek ge­lees van “goue ape” wat in R­wan­da se Vol­canoes- na­si­o­na­le park te sien is – ons be­sluit om dit ons volgende stop te maak.

Eers ver­ken ons Ki­ga­li, en be­gin by die Volks­moord-ge­denk­sen­trum) Ki­ga­li Ge­no­ci­de Me­mo­ri­al). Dis ui­ter­aard nie lig­te ver­maak nie, maar met R­wan­da se volks­moord nog in die na­bye ver­le­de is dit be­lang­rik om iets hier­van te pro­beer ver­staan voor­dat jy pad vat deur die land.

’n Deel van die uit­stal­ling plaas die R­wan­de­se volks­moord ook in kon­teks tot an­der volks­moor­de el­ders ter wê­reld. Dis dalk ge­pas om hier in A­fri­ka, die ba­ker­mat van die mens­dom, her­in­ner te word aan die skrik­wek­ken­de om­vang van wat mens­wees als kan be­hels. Vat jou tyd, en gaan ont­span la­ter met ’n kof­fie by die ka­fee, of stap deur die tui­ne om te dink oor als wat jy ge­sien en lees het.

Dis merk­waar­dig dat R­wan­de­se na dié tra­ge­die op­ge­staan het. Ont­hou dat by­na el­ke R­wan­dees wat jy gaan ont­moet op een of an­der ma­nier be­trok­ke was of daar­deur ge­raak is. Dit is al­ge­meen om wees­kin­ders te ont­moet. T­ree met re­spek op en wees sen­si­tief wan­neer jy met men­se oor die volks­moord ge­sels.

Goue ape in die bam­boes­bos

Die kans is goed dat die mees­te toe­ris­te wat R­wan­da toe kom, die land be­soek om berg­go­ril­las te sien. Die Vol­canoes- na­si­o­na­le park in die noord­wes­te van die land is een van die laas­te toe­vlug­te van hier­die be­dreig­de die­re. Die park vorm ’n soort oor­grens­park met ’n park in die Kon­go en een in U­gan­da – waar jy ook kan berg­go­ril­las sien. (Sien die kas­sie op bl. 51 oor hoe jy ’n go­ril­la­per­mit be­spreek.)

Ek en Alice be­sluit eg­ter om die park se min­der be­ken­de in­wo­ners – die goue ape – te gaan soek.

Die teer­pad uit Ki­ga­li in die rig­ting van die park is goed. Die ba­sis­dorp vir die park is Mu­san­ze, of­te­wel Ru­hen­ge­ri, wat die ou naam is (soos Suid-A­fri­ka, het tal­le R­wan­de­se dorpe on­langs ’n naams­ver­an­de­ring on­der­gaan).

Op die dorp draai ons eers af en gaan soek ons slaap­plek, Red Rocks. Dis aan die bui­te­wy­ke van ’n klei­ner dor­pie na­by Mu­san­ze, met ’n uit­sig oor ’n paar van >

die Vi­run­ga-vul­kaan­pie­ke in die ver­te. Die Vol­canoes- na­si­o­na­le park word nie om do­we neu­te só ge­noem nie. Jy is hier op die naat waar A­fri­ka be­sig is om in twee te skeur.

Dis re­ë­ne­rig en ons be­sluit om nie tent op te slaan nie – die be­stuur­der by Red Rocks bied ons af­slag aan vir ’n sa­fa­ri­tent en ons trek sum­mier in. Ons vat die res van die mid­dag rus­tig, lees boek en kyk vo­ël­tjies op die ter­rein. Hier’s al weer iets nuuts vir ons om te sien: die brons­sui­ker­bek­kie( bron­zy sun­bi­rd).

Die volgende og­gend ry ons park toe. Die land­skap hier – met die vul­kaan­spit­se wat soms deur die mis vir jou loer – is soos iets uit Ju­ras­sic Park.

Dis be­dry­wig in die park­kan­toor, met toe­ris­te wat in groe­pe ver­deel word vir die dag se go­ril­la-eks­kur­sies. Hier’s da­rem an­der men­se wat ook eer­der die goue ape wil gaan soek – dié uit­stap­pie is nie net baie goed­ko­per nie, maar ge­woon­lik ook veel kor­ter en rus­ti­ger.

Ons gids gee sy praat­jie aan die groep, en dan ry ons ’n paar ki­lo­me­ter na­der aan die om­ge­wing waar ons wil gaan stap. Ons par­keer ons voer­tuig in ’n klein dor­pie, waar straat­ver­ko­pers ge­kerf­de hout­beeld­jies van go­ril­las ver­koop.

Eers stap ons deur lan­de­rye waar die wit blom­me van Py­rethrum chrys­ant­he­mum uit­staan – hier­die blom­me word twee keer per maand ge­pluk en ge­bruik in die ver­vaar­di­ging van na­tuur­li­ke in­sek­do­ders.

Dis rus­tig hier, lan­de­lik. Ie­mand swaai ’n bos­pik. Kin­ders jaag ’n skaap aan. ’n Bees kyk op. Dan buk ons deur ’n hek in die klip­muur wat ook die park­grens is, spring oor ’n sloot en skie­lik is ons (al weer) in ’n an­der wê­reld. Die bam­boes­bos vou toe rond­om ons, en al­mal raak stil.

El­lissée Mo­ka­man­zi Ag­nes, ons gids, luis­ter aan­dag­tig. Hy hoor iets wat ons nie hoor nie. Dié­kant toe, be­duie hy. Ons volg.

Hy gaan staan stil na ’n ruk, en wys na bo. Wrag­gies, daar sit twee goue ape in die son!

Vir die volgende uur loop ons kort draaie deur die bam­boe­s­woud. Soms spring die ape deur die top­pe, en dan ver­loor ons hul­le. La­ter raak hul­le rus­ti­ger en be­gin eet. Blit­sig spring een grond toe, pluk ’n sap­pi­ge bam­boes­spriet, en klim dan ’n paar me­ter na bo om die sag­te wit bin­ne­ste daar­van soos room­ys te eet.

El­lissée gee ons ’n stuk bam­boes om te proe. Dit smaak nie na veel nie – ’n bie­tjie soos ge­blik­te as­per­sies.

Dan is dit tyd om te gaan en ons laat die ape in vre­de ag­ter in hul­le bam­boes­bosei­land in die berge, om­sin­gel deur men­se aan al­le kan­te.

Ki­vu­meer se kalm­tes

R­wan­da het ’n hand vol klein me­re wat elk­een ’n be­soek werd is, maar as jou tyd min is, maak se­ker jy kom by die Ki­vu­meer uit.

Om­dat die grootste deel van die R­wan­de­se oe­wer van die Ki­vu berg­ag­tig is (die wes­te­li­ke oe­wer be­hoort aan die De­mo­kra­tie­se Re­pu­bliek van die Kon­go), het jy by­na o­ral puik uit­sig­te.

Die pad van Gi­se­nyi (aan die noor­de­li­ke punt van die meer) af suid­waarts met die oe­wer langs word tans ge­teer – oor­ge­bou, eint­lik.

Dit kom ons ’n ent­jie uit die dorp uit ag­ter. Vir nou is die dag mooi – die soort mooi waar­oor pos­kaar­te droom. Wit wol­ke dans soos woon­wa­ens deur die blou. Die meer blink. Ons hou stil vir fo­to’s van tee­plan­ta­sies wat teen on­moont­li­ke han­ge af­tui­mel.

Maar wan­neer die weer draai, draai dit or­dent­lik. Die pad­wer­ke ver­an­der plek-plek in ’n mod­der­bad en son­der vei­lig­heids­re­lings aan die af­grond­kant is de­le van die berg­pad vrees­aan­ja­end. Ie­wers word die pad ver­stop deur ’n vrag­mo­tor­tjie wat vas­sit. Ge­luk­kig spring die tien ag­ter­ry­ers af en help stoot. ’n S­toot­skra­per stoot ’n hoop mod­der uit die pad so­dat ons ver­by kan kom. Dis ’n mid­dag waar­op die For­tu­ner sy 4x4-vler­kies ver­dien.

Dit is al don­ker wan­neer ons Ki­buye bin­ne­ry, en ge­luk­kig het die Ho­tel Bét­ha­ny ’n ka­mer vir ons. Ek het met my vo­ri­ge be­soek aan R­wan­da ook hier tuis­ge­gaan (ek het toe met o­pen­ba­re ver­voer hier aan­ge­kom, en som­mer op die gras tent op­ge­slaan), en ont­hou dit as een van die rus­tig­ste plek­ke waar ek nóg was.

Niks klop die Ki­vu­meer se kalm­te nie. Ons rek ons ont­by­te hier uit, drink nog ’n kof­fie, kyk uit oor die spie­ël­glad­de meer waar net soms ’n boot­jie roer. Een og­gend sien ons selfs vlug­tig ot­ters speel!

Die vo­ël­ge­welf

Ek ont­hou Nyung­we as ’n woud waar die drup­pels uit e­nor­me bo­me drup. Waar die voet­paad­jies glad is van die mos. Waar va­rings gedy. Waar jy in die hart van ’n re­ën­woud kan kamp. As jy ge­luk­kig is, hoor jy selfs die sjim­pan­sees sog­gens vroeg raas. En dan is daar die vo­ëls: in die Nyung­we- na­si­o­na­le park kan jy 26 en­de­mie­se vo­ël­spe­sies sien!

Maar wat het ver­an­der se­dert ek laas hier was? Ek is am­per bang: Wat as din­ge on­her­roep­lik ver­an­der het?

Dit is waar­oor ek sit en won­der ter­wyl ek en Alice die kron­kel­pad – dié deel is klaar ge­teer, en ry soos ’n droom – volg van Ki­buye af suid­waarts, al teen die meer (sien fo­to op bl. 45). Die uit­sig­te hou net nie op nie, >

en ons stop kort-kort waar dit veilig is. Uit­ein­de­lik draai ons weg van die meer, en ná ’n paar tee­plan­ta­sies ry ons son­der se­re­mo­nie (hier’s geen in­gangs­hek waar jy moet stop nie) die Nyung­we-na­si­o­na­le park bin­ne.

Ons be­reik U­win­ka, waar die kamp­ter­rein ge­leë is. Ek kan sien dat die kamp­ter­rein op­ge­knap is: Net­jie­se on­der­dak-stel­la­sies is op­ge­rig so­dat jou tent droog bly. Die ka­rak­ter van die plek is eg­ter nog die­self­de: Jy wéét jy’s in ’n re­ën­woud.

Ek doen na­vraag: Ons wil graag ’n vo­ël­gids huur die volgende dag. Werk Nar­cis­se nog hier, vra ek. Nar­cis­se N­da­y­am­ba­je was my gids in 2008 en, ja, wrag­gies, hy werk steeds hier! Ons be­spreek sum­mier vir Nar­cis­se.

Dan be­stel ons kof­fie en ’n soe­te­ri­ge vet­koek, en ge­niet die uit­sig. Als hier ruik an­ders. Groen. Nat. Nat­ter as die nat­ste jaar wat ons in SuidA­fri­ka ken.

Met ons tent op­ge­slaan, sit ons en kos­maak on­der die af­dak­kie langs­aan. Net voor son­on­der hoor ons hul­le, en toe sien ons hul­le: Vyf groot blou­loe­ries vlieg ver­by! Dis ’n loe­rie, maar op ste­ro­ïe­de: by­na twee keer gro­ter as ons eie Knys­na­loe­rie.

In ’n re­ën­woud is dit moei­lik om vo­ël­tjies te sien. Die bo­me is e­norm – in­dien ’n vo­ël bo in ’n boom sit, kan jy hom glad nie van die grond af sien nie. Of dis een­vou­dig te ruig.

Dis hier waar dit be­lang­rik raak om vo­ël­ge­lui­de te leer ken, en dis een van die re­des hoe­kom ons met Nar­cis­se aan ons sy wil gaan vo­ëls soek.

Nar­cis­se kén vo­ël­ge­lui­de en ver­tel ons da­de­lik wat ons hoor. Soms sien ons die vo­ël­tjie, an­der ke­re bly hul­le ie­wers on­sig­baar ag­ter die bla­re skuil.

’n Rooi flits van on­der­vlerk bo in die bla­re­dak: ’n Ru­wen­zo­ri-loe­rie. ’n Hel­der klin­gel­klank la­er af: Ar­cher se jan­fre­de­rik. Se­we roes­rooi en bruin vo­ëls wat rond­vroe­tel na kos on­der die mos op ’n dik boom­stam: rooi­nek­berg­kat­lag­ters. D­werg­heu­ning­wy­ser. Wit­kop­ka­ke­laar. Tus­sen­deur sien ons ook ’n paar skaars eek­ho­rings soos die en­de­mie­se Ru­wen­zo­ri-eek­ho­ring.

Teen die mid­dag ry ons uit na die park­kan­toor by Gi­sa­ku­ra, tus­sen die tee­plan­ta­sies di­rek wes van die park.

Ons moet Nar­cis­se hier af­laai. Maar wag, sê hy, hier is ’n paar vo­ël­tjies wat hier rond ook hou... en daar gaan ons al weer, ver­ky­kers in die hand, al stuif­re­ën dit nou.

Uit­ein­de­lik sien ons 16 van die 26 en­de­mie­se spe­sies wat hier in in Nyung­we hou.

Die volgende og­gend is ons laas­te vol­dag in R­wan­da. Ons pak op en ry rus­tig te­rug na Ki­ga­li, waar ons be­plan om weer in die Tan­gren­ho­tel te oor­nag (en ons weer on­be­hol­pe te eet in die puik C­hi­ne­se re­stau­rant).

Eers stop ek in Huye by die kof­fie­plan­ta­sie se pad­stal om nog heer­li­ke R­wan­da-kof­fie te koop – dit kos so­wat R55 vir 500 g. Soos met ver­skil­len­de wy­ne in Suid-A­fri­ka ver­skil R­wan­de­se kof­fie van streek tot streek. El­ke pak­kie is ’n nu­we ple­sier.

Oor die volgende paar maan­de, te­rug in Suid-A­fri­ka, kan ek dan met die smaak van die land in my mond te­rug­dink aan die ple­sie­re van R­wan­da. Die berge en wou­de. Die kron­kel­paaie en on­ver­wag­se me­re.

’n Mens raak mak­lik ver­lief op R­wan­da en dis moei­lik om te­rug te draai, maar ons weet dis tyd. Wan­neer ons ’n dag la­ter Ki­ga­li ver­laat, is dit met ’n nu­we doel voor oë: om veilig by die huis te kom.

Om te jaag is eg­ter sin­loos en ons het nog ’n paar a­von­tuur­tjies wat vir ons wag voor­dat ons weer die Lim­po­po­ri­vier oor­steek...

GROEN EN VOL GEES­DRIF. Hier­die uit­sig oor Ki­ga­li van die In­zo­ra Roof­top Café af gee jou ’n goeie i­dee hoe R­wan­da se hoof­stad lyk.

Die stad is in 1907 deur die Duit­se ont­dek­kings­rei­si­ger Richard Kandt ge­stig, maar dit het eers met R­wan­da se on­af­hank­lik­heids­wor­ding in 1962 die amp­te­li­ke hoof­stad ge­word.

’n Goeie net­werk teer­stra­te strek deur die stad, maar buurt­stra­te is ge­woon­lik nog grond­paad­jies. Selfs son­der jou eie ry­ding sal jy mak­lik met taxi’s (en mo­tor­fiet­staxi’s) kan kom waar jy wil wees.

UIT OERWOUD EN VLAKTE. Die uit­sig van die U­win­ka-kamp­ter­rein in die Nyung­we- na­si­o­na­le park af is een wat jy sal ont­hou. Sog­gens vroeg, wan­neer dit nog stil is, kan jy soms selfs die sjim­pan­sees hoor skree van een of an­der op­win­ding.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.