WAT SÊ DIE MEN­SE?

Weg! - - Reis Rwanda -

Wal­di­mar Pel­ser, joer­na­lis, Kaap­stad “’n Vriend van my werk in Ki­ga­li, en ek wou ook on­der­hou­de doen. Ek was ver­al ge­ïn­te­res­seerd in hoe staats­mag ge­bruik word om vre­de te hand­haaf. My be­soek was ’n week lank – ek wou ook berg­go­ril­las sien...

“Ek het di­rek met R­wan­dAir uit Jo­han­nes­burg Ki­ga­li toe ge­vlieg. Hier het ek ’n mo­tor met ’n be­stuur­der ge­huur om by die Nyung­we- na­si­o­na­le park uit te kom. Die pad is baie kron­kel­rig, maar beeld­skoon.

“Die wan­del­roe­tes in die re­ën­woud is mak­lik en daar is baie om te sien. Ek het ook op ’n huis­boot op die Ki­vu­meer oor­nag. Daar­van­daan na die Vol­canoes- na­si­o­na­le park, waar die berg­go­ril­las ’n uur lank reg voor ons oë ge­speel, ge­slaap en kop­ge­krap het. Hul­le was min­der ge­pla met ons as ons met hul­le.

“In Ki­ga­li is daar lek­ker kof­fie­win­kels en die Ki­ga­li Ge­no­ci­de Me­mo­ri­al is ’n moet. R­wan­da is aan die duur kant, maar on­ver­ge­lyk­baar met e­ni­ge an­der be­stem­ming. Dit bied jou ’n le­wens­er­va­ring eer­der as slegs ’n va­kan­sie.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.