FONTEINPLAAS

Weg! - - Reisgids Gamkaskloof -

Baie men­se dink steeds jy kan slegs met ’n 4x4 of ’n brul­len­de mo­tor­fiets tot in die Hel ry. Hoe­wel die grond­pad sy uit­da­gings bied, kan jy dit be­slis in ’n se­dan­mo­tor be­reik, maar ry sta-a-a-dig en wees ge­dul­dig.

’n Kar met goeie grond­vry­hoog­te is aan te be­veel. (Ek het wel met my be­soek ’n dap­per Nis­san Mi­cra oor die hob­bels sien wip...)

Die Ot­to du Plessis-pad ein­dig by die be­rug­te haar­naald­draaie. Trek op ’n vei­li­ge plek af en neem eers fo­to’s van die val­lei wat doer on­der voor jou uit­strek. Dan ta­kel jy die haar­naald­draaie ter­wyl jy skerp na on­der daal.

Op lin­ker­kant sal jy die af­draai sien na Kaap­se Na­tuur­be­wa­ring se kamp­ter­rein. As jy nie daar kamp nie, kan jy 5,5 km ver­der ry (daar is net een pad in die Hel) tot by Fonteinplaas.

Fonteinplaas be­hoort aan die Jou­bert-fa­mi­lie. Tan­nie An­ne­tjie Jou­bert is die e­nig­ste oor­bly­wen­de in­wo­ner wat in die Hel ge­bo­re is. Sy is ’n le­wen­de ar­gief van sto­ries en staal­tjies uit die ou dae (sien Weg #151).

Haar seun, Pieter, en sy vrou, Ma­ri­net­te, is aan die s­tuur van sake by Fonteinplaas. Hier is ’n wingerd en boor­de met on­der meer a­dams­vye, turks­vye en per­skes.

Hier is ook die e­nig­ste re­stau­rant in die Hel waar jy kan weg­lê aan lek­ker boe­re­kos. Ná die lang rit tot hier kan jy in die tuin ont­span met ’n koue koel­drank of bier. (Pieter stook wit­blits en het plan­ne om bin­ne­kort mam­poer, je­ne­wer, rum en whis­key te maak.)

In die win­kel kan jy aan­den­kings en tuis­ge­maak­te kon­fy­te koop – die a­dams­vye, bob­be­jaan­kna­ters en in­ge­leg­de turks­vye (van­af R60 per fles­sie) is tref­fers. Pieter het ook on­langs be­gin om vars wa­ter – Hel Wa­ter – te bot­tel en ver­koop. B­ring kon­tant.

Die kwe­ke­ry is ook op die been en jy kan ’n stuk­kie hel – van spek­boom tot klap­per­bos – saam­neem huis toe.

Fonteinplaas is ook ’n pos­kan­toor met ’n eie stem­pel en jy kan vir jou ge­lief­des ’n pos­kaart of brief in die groot rooi pos­bus pos. ( Wie het nou W­hat­sApp no­dig?)

Stap in die tuin saam met Koe­ja­wel, die hond, en kyk na die ou bui­te­oond waar­in steeds brood ge­bak word. Die wrak van ’n 1938 Mor­ris 8, wat in 1958 die eer­ste voer­tuig in die Hel was, is ook hier.

Blaai deur die ou fo­to­al­bums en ge­sels ge­rus met Pieter, Ma­ri­net­te en An­ne­tjie oor die ou dae – hul­le is Hel-am­bas­sa­deurs en lief vir die sto­ries en er­fe­nis.

An­ne­tjie Jou­bert by ou­pa Piet Mos­tert se huis

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.