WEET VOOR JY WAAI

Weg! - - Reisgids Gamkaskloof -

HOE KOM EK DAAR? Die Gam­kas­kloof-af­draai na die Ot­to du P­les­sis­pad bo-op die Swart­berg­pas is 50 km van Oudts­hoorn af. (Die af­draai is ná on­lang­se swaar re­ën slegs be­reik­baar van Oudts­hoorn af en nié Prins Al­bert nie.) Volg die pad vir 37 km (dit kan tot twee uur duur) tot on­der in die kloof. Ry dan nog so­wat 5,5 km tot by Fonteinplaas.

WAAR SLAAP EK? Hier’s ver­skeie self­sorg­op­sies op Fonteinplaas. E­tes is be­skik­baar in die re­stau­rant.

Kamp

By Piet se S­ta­ning is staan­plek­ke en twee a­blu­sie­blok­ke met LED-lig­te, warm wa­ter en spoel­toi­let­te. R200 per staan­plek p.n. vir tot 6 men­se.

Safari-kamp

Hier is vier ten­te, elk met twee bed­dens met bed­de­goed. Die kamp het ’n ge­meen­skap­li­ke braai­plek in die mid­del en hier is ’n kom­buis met ’n ys­kas, stoof en eet­ge­rei. Die a­blu­sie­ge­rie­we het warm wa­ter. R200 p.p.

Hui­se

Ou­pa Piet Mos­tert Dit is die huis waar­in tan­nie An­ne­tjie groot­ge­word het. Slaap­plek vir 6. Son­krag (slegs vir lig­te), gas­stoof en braai­plek met hout. R250 p.p.p.n. Pie­tjie en He­ster S­wa­ne­poel Slaap­plek vir 5. Hier is nie son­krag nie; jy ge­bruik ker­se. Hier is wel ’n gas­stoof en braai­plek met hout. R250 p.p.p.n. Hen­drik se Hui­sie Klein kot­huis, slaap­plek vir 2. LED-lig­te en braai­plek met hout. R350 p.p.p.n. Die Klip­huis Dis ver van die an­der hui­se af. Slaap­plek vir 4. Son­krag (slegs vir lig­te), gas­stoof, groot vuur­maak­plek in die kom­buis, en braai­plek. R350 p.p.p.n.

WAAR EET EK? Die re­stau­rant be­dien sog­gens van 7 vm.-10 vm. ’n plaas­ont­byt met vars­ge­bak­te brood en kof­fie of tee teen R85 p.p. Be­spreek voor­af vir mid­dag- of aand­e­te. Aand­e­te wis­sel van R100R160 p.p. en sluit ge­woon­lik Ka­rool­am, soet­pa­tats, ge­braai­de aar­tap­pel en groen­te in.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.