BOPLAAS

Weg! - - Reisgids Gamkaskloof -

Pre­sies 32 jaar ge­le­de het ’n groe­pie ven­no­te dié plaas van by­na 4 000 ha ge­koop en gaan­de­weg die ge­skied­kun­di­ge hui­sies ge­re­stou­reer.

Boplaas se hek is so­wat 2 km ver­by Kaap­se Na­tuur­be­wa­ring se kan­toor. Jy moet ver­blyf be­spreek en kry dan ’n ko­de om die pri­vaat­grond te be­tree.

Die plaas lê op die wes­te­li­ke punt van die Gam­kas­kloof. Hier is jy ver weg van e­ni­ge toe­ris­te of mo­tor­fiet­se. Dit is ver­al ’n ple­sier om die pad end­uit teen Rug­bre­kers­nek op te ry, waar jy kan uit­kyk oor die gan­se Gam­kas­kloof en K­lein­berg na die wes­te. Hier kry jy ’n i­dee van die roe­te wat klo­wers teen die Leer moes uit­klim om die Hel te ver­laat.

Met my be­soek ont­moet ek een van die ven­no­te, An­dré Louw, en sy vrou, Li­da, wat meest­al hier op Boplaas woon. “Men­se leef by­me­kaar ver­by, hier is jy weg van sel­fo­ne en moet jy met me­kaar le­we. Dis spe­si­aal,” ver­tel Li­da. “Die kloof vou toe en dit is stil en pri­vaat. Dis as­of die hoof­stuk hier toe­maak.”

Oom Han­nes se huis, Boplaas

Jan Een­tand, Boplaas

An­dré en Li­da Louw, Boplaas

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.