LURINA FOURIE

Ni­kon D7000 AF-S Mi­cro Nik­kor-105 mm-lens

Weg! - - Mense Se Lense Lesersfoto’s -

LURINA SÊ: Hoe meer jy na blom­me kyk, hoe meer de­tail sien jy raak.

Dis as­of ’n mi­kro­sko­pie­se won­der­wê­reld oop­ge­sluit word. My man weet al dat wan­neer ek my ma­kro­lens aan­skroef, gaan hy my vir ’n ruk­kie nie sien nie!

SOPHIA SÊ: Lurina het die blom om twee re­des van bo af af­ge­neem: Om die bont veld­ta­pyt wat an­der­sins die ag­ter­grond sou wees te ver­ruil vir ’n mo­no­toon-ag­ter­grond waar­teen haar on­der­werp kan uit­staan, en ook om haar on­der­werp in te perk tot slegs dít wat sy on­der die ky­ker se aan­dag wil b­ring. Die re­sul­taat: ’n blom­ge­vul­de raam wat by­na ab­strak raak, maar steeds net genoeg van die ge­heel ver­klap.

Lurina sê die blom – en nie die mug­gie nie – was haar on­der­werp.

Sy het op die rand van die kroon­blaar ge­fo­kus (só ’n dui­de­li­ke lyn gee jou ka­me­ra­lens iets om aan “vas te gryp” wan­neer jy ’n kon­toer­lo­se vlak af­neem) en die en­ke­le meel­dra­de wat in die­self­de fo­kus­veld staan, is ook skerp. As jy fyn kyk, sal jy sien die mug­gie sit ’n aks bui­te dié fo­kus­veld.

Dit is iets om in ge­dag­te te hou: Wan­neer daar ’n “le­wen­di­ge” we­se (dier, mens, gog­ga­tjie) by ’n fo­to in­ge­sluit word, gaan dit ál­tyd die ky­ker se aan­dag trek. Daar­om sou dit be­ter wees as die mug­gie ook in fo­kus was.

Nou kyk, ’n mug­gie laat nie sy be­we­gings cho­re­o­gra­feer nie, maar daar is ’n paar teg­nie­ke wat kon help: Wan­neer jy sulke na­by­sko­te op jou ka­me­ra se skerm­pie te­rug­speel, is dit by­kans on­moont­lik om pre­sies te sien wat in fo­kus is en wat nie. Neem dus ’n he­le paar fo­to’s (ge­bruik jou ka­me­ra se burst- mo­dus hier­voor) – dit gee jou ’n be­ter kans om ie­wers in die bon­del ’n paar per­fek­te sko­te te kry. Moet ook nie op ou­tofo­kus staat­maak met ma­kro­fo­to­gra­fie nie. Nes daar­die gog­ga­tjie be­weeg, gaan jou ka­me­ra hom soos ’n skaap­hond weer wil aan­keer en dan is die fo­kus­punt daar­mee heen. Draai eer­der self die lens­ring tot­dat jy heel­te­mal te­vre­de is met die fo­kus.

Dit bly steeds ’n mooi fo­to. Die fyn be­son­der­he­de (kyk net daai stuif­meel­kor­rel­tjies!) gee jou nu­we waar­de­ring vir die skep­ping.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.