Ei­lan­de waar ge­veer­des heers

Weg! - - Mense Se Lense Lesersfoto’s - SAAM­GE­STEL DEUR S­HEL­LEY CHRIS­TI­ANS

Baie men­se dink Kaap A­gul­has is die sui­de­lik­ste deel van Suid-A­fri­ka. Daar is eg­ter ’n paar ei­lan­de op pad na Ant­ark­ti­ka wat ook Suid-A­fri­kaan­se ge­bie­de is... dis nie veel meer as spel­de­prik­kies in die wye Sui­de­li­ke Ys­see nie. Die vul­ka­nie­se Prins E­du­ard-ei­lan­de en die see rond­om dit is die tuis­te van ’n paar hon­derd­dui­send see­roof­die­re, waar­on­der pik­ke­wy­ne, al­ba­tros­se, storm­vo­ëls, rob­be en moordwal­vis­se. Dié ei­lan­de het nie per­ma­nen­te (mens­li­ke) in­wo­ners nie, maar men­se gaan kui­er wel: Die de­par­te­ment van om­ge­wing­sa­ke be­dryf ’n we­ten­skap­sta­sie op Ma­ri­on, die grootste van die twee ei­lan­de. Ma­ri­on­ei­land se sneeu­be­dek­te spit­se, moe­ras­ag­ti­ge laag­lan­de en uit­son­der­li­ke na­tuur­le­we lok na­vor­sers tel­kens te­rug.

Chris Oost­hui­zen en Ry­an Rei­sin­ger is al­bei ma­rie­ne roof­dier­bi­o­loë en het elk­een meer as twee jaar op die ei­land ge­woon en werk. “Ma­ri­on is ’n in­spi­re­ren­de plek,” ver­tel Chris. “Maar om hier veld­werk te doen is nog­al uit­da­gend: Om suk­ses­vol te wees het ’n mens heel­wat a­von­tuur­lus no­dig, maar ook die wil om be­lang­ri­ke na­vor­sing te doen.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.