Ge­bak­te rys­poe­ding met bran­de­wyn

Weg! - - Kuierkos -

Vir 4-6

Voor­be­rei­tyd 30 mi­nu­te Bak­tyd 1 uur

’n Rys­poe­ding gee ge­woon­lik ’n lang ge­roer af. Dié een bak jy eg­ter som­mer in die oond. Ver­vang die room met melk vir min­der ryk­heid.

Jy be­no­dig

• 500 ml vol­room­melk • 250 ml room • 1 ka­neel­stok­kie • 1 tee­le­pel va­niel­je-ek­strak of

’n heel va­niel­je­peul • ½ kop­pie (100 g) ar­bo­ri­orys • 1 / 3 kop­pie sui­ker • ’n knip­pie sout • 2 ei­er­ge­le • ¼ kop­pie bran­de­wyn

(of ge­bruik A­ma­ru­la) • 1 suur­le­moen se skil, fyn­ge­ras­per • ’n knip­pie neut­mus­kaat

• 2 eet­le­pels bruin­sui­ker

Só maak jy

1 Voor­ver­hit die oond tot 160 ºC. S­meer ’n 1 ℓ-oond­bak met bot­ter.

2 B­ring die melk, room, ka­neel, va­niel­je, rys, sui­ker en sout tot kook­punt. Roer nou en dan om te keer dat dit aan­brand, en laat dit vir 5 mi­nu­te prut. Ver­wy­der van die hit­te en laat vir on­ge­veer 15 mi­nu­te staan.

3 Krap die va­niel­je­peul se saad­jies met ’n mes uit en roer dit deur die meng­sel. Gooi die peul en die ka­neel weg.

4 K­lits die ei­er­ge­le, bran­de­wyn, suur­le­moen­skil en neut­mus­kaat goed saam en roer dit by die rys­meng­sel.

5 Skraap die meng­sel in die ge­smeer­de oond­bak uit en bak die poe­ding vir 1 uur. S­prin­kel die bruin­sui­ker oor en laat die poe­ding vir min­stens 10 mi­nu­te rus voor­dat jy dit voorsit. >

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.