Luuk­se brood-en­bot­ter­poe­ding

Weg! - - Kuierkos -

Vir 6

Voor­be­rei­tyd 10 mi­nu­te Bak­tyd 40 mi­nu­te

Dag oue crois­sants kan ge­bruik word vir brood­poe­ding – daai ek­stra bot­ter­smaak van die crois­sants is al­te heer­lik. Ek voeg ’n paar brok­ke hal­va – ’n soet Mid­de-Oos­ter­se lek­ker­ny te koop by su­per­mark­te – by vir ’n lek­ker ver­ras­sings­hap­pie.

Jy be­no­dig

• 4 crois­sants, mid­del­deur ge­sny • 250 ml room • 250 ml melk • 2 eet­le­pels ka­ka­o­poei­er • 2 ei­ers • 80 g don­ker­sjo­ko­la­de, ge­breek • 50 g hal­va, grof­ge­breek • 2 eet­le­pels sui­ker

Só maak jy

1 Voor­ver­hit die oond tot 160 ºC. Pak die helf­te van die crois­sants in ’n reg­hoe­ki­ge oond­vas­te bak.

2 Meng die room, melk, ka­ka­o­poei­er en ei­ers goed. Skink die helf­te hier­van oor die crois­sants en s­prin­kel dan die helf­te van die sjo­ko­la­de en hal­va daar­oor. Pak die res van die crois­sants bo-op en skink die res van die melk­meng­sel oor, ge­volg deur die oor­bly­wen­de sjo­ko­la­de en hal­va. Laat dit vir 10 mi­nu­te staan so­dat die melk kan in­trek.

3 S­prin­kel die sui­ker oor en bak dit vir 30-40 mi­nu­te.

4 Sit dit warm voor saam met ’n skep­pie room­ys.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.