Wat van iets nuuts?

Weg! - - Kuierkos -

Is jy ef­fe teë ge­drink aan shi­raz of mer­lot? Hier is ’n paar min­der be­ken­de maar heer­li­ke nu­we va­ri­ë­tei­te om hier­die win­ter te pro­beer. Daar is al­tyd die kans dat ’n mens ’n fout kan maak wan­neer nu­we druif­stok­ke ook al ge­plant word. Die een lyk im­mers baie soos ’n an­der tot­dat die drui­we be­gin groei. Dit is wat in 1973 in die Klein-Ka­roo ge­beur het: Die Nel-fa­mi­lie van De Krans het ge­dink hul­le plant shi­raz ter­wyl hul­le eint­lik tin­ta ba­roc­ca ge­plant het. In 2004 het die­self­de weer ge­beur, toe hul­le per on­ge­luk tin­ta a­ma­re­la pleks van tin­ta ro­riz ge­plant het. Tin­ta ba­roc­ca en tin­ta a­ma­re­la is al twee port­drui­we, en prys­wen­ner­wy­ne in ’n port­styl is daar­na by De Krans ge­maak. Dit was dus nie te­ver­geefs nie. Nou is daar ook ’n 2015-ver­snit van die twee va­ri­ë­tei­te, met die naam A T­wist of Fa­te (R65), wat dié twee “fou­te” kom­bi­neer in ’n heer­li­ke mond vol swart en rooi bes­sie­vrug­te.

Cin­sault het ’n lang en waar­di­ge ge­skie­de­nis in Suid-A­fri­ka. (’n Mens kan dit ook son­der die “l” spel en spreek dit uit as SAN-soh.) Dié taai druif­soort kom oor­spronk­lik uit die sui­de van Frank­ryk en word dees­dae as een van die ou­ers van pi­no­ta­ge be­skou. Cin­sault be­leef tans ’n bie­tjie van ’n op­le­wing en ’n goeie voor­beeld is die Klei­ne Zal­ze Cel­lar Se­lecti­on Cin­sault ( R67). Dis ’n 2016-wyn wat in ’n lig­ter styl ge­maak is, met heel­wat ker­sies, rooi bes­sies, drop en spe­se­rye – ’n lek­ker wyn wat pas by ’n win­ter­ter­rien.

I­ta­li­aan­se druif­va­ri­ë­tei­te is nie ge­wild in Suid-A­fri­ka nie – net ’n paar plaaslike kel­ders werk hier­mee. Een van dié kel­ders is S­teen­berg, wie se Neb­bi­o­lo (R255) al ’n paar jaar ’n be­lang­ri­ke deel van sy aan­bod uit­maak. Neb­bi­o­lo is die drui­we waar­van be­ken­de I­ta­li­aan­se wyn­soor­te soos ba­ro­lo en bar­ba­res­co ge­maak word, soor­te wat be­kend is vir le­wen­di­ge suur­heid en tan­nien wat help dat dit vir de­ka­des hou. S­teen­berg se 2014-weer­ga­we is ek­sie per­fek­sie: geu­rig, e­le­gant, en die per­fek­te maat vir ’n lam­spot­jie.

– Cathy Mar­ston

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.