TRANQUILLITY SAFARI LOD­GE & SPA

Weg! - - Ses Van Die Bestes Dinokeng -

As jy jou in die oor­vloei­swem­bad tuis­maak, val die wa­ter tot ín die bos­veld, met ’n klein wa­ter­gat waar ka­meel­per­de, koe­does en an­der vier­po­ti­ges ge­reeld draai.

Dié lod­ge maak voor­sie­ning vir el­ke voor­keur. Hier kan ’n sa­fa­ri­tent oop­ge­rits word so­dat jou mas­se­ring (dit be­gin by R495) let­ter­lik in die bos ge­doen word, óf jy kan op ’n wil­drit gaan (R220 p.p.) Jul­le ry die Wel­ge­dacht- pri­va­te wild­re­ser­vaat bin­ne, wat ook die Ke­vin Ri­chard­son-wild­park huis­ves. Ge­rie­we Hier is vyf ruim cha­lets en drie klei­ner en meer ba­sie­se bos­kamp­ka­mers vir dié wat van kamp hou, maar nie lus is vir tent op­slaan nie. Die ka­mers het elk­een ’n klein en sui­te-bad­ka­mer en deel kom­buis­ge­rie­we. Hier is ook ’n paar staan­plek­ke met krag­pun­te.

Die lod­ge se re­stau­rant is die e­nig­ste een in ’n ra­di­us van et­li­ke ki­lo­me­ter en het ’n uit­een­lo­pen­de spys­kaart. My piz­za was heer­lik (van­af R65). Wat pla? Die cha­lets is na aan me­kaar en het klein braai­ge­rie­we... Jy gaan met die bu­re oor die weer moet praat. An­der­sins moet jy in die re­stau­rant eet. Die pad van die lod­ge na die naas­te hek van die Dinokeng-wild­re­ser­vaat (Nd­lo­vi­hek,15 km) is ’n sleg­te sink­plaat­pad. Hoe kom ek daar? Vat die Zam­be­zi­ry­laan/Se­fa­ko Makghla­to-af­rit (R513) van die N1 af en draai links op die R573 na K­waMhlan­gu. Draai ná so­wat 27 km links op die Ham­mans­kraal-grond­pad. Hou regs by die eer­ste vurk. Hou aan tot by die se­ker­heids­hek en bel vir Hen­nie de Wet ( 084 508 3491). Let wel: Jy gaan dalk nie meer sein hê as jy hier aan­kom nie; ek be­veel dus aan dat jy van die teer­pad af bel om vir Hen­nie te laat weet jy’s op pad. As jy eers deur die hek is, vurk die pad weer. Hou regs en volg die bord­jies. Kos­te Cha­lets van­af R495 p.p.; bos­kamp­ka­mers R395 p.p. Kon­tak 084 508 3491 (Hen­nie);

tran­quil­li­tyspa­lod­ge.co.za

HOE­KOM RONDSKUD OP ’N WIL­DRIT? As jy ver­kies dat die wild na jou toe kom, skink ’n ske­mer­kel­kie en wag in dié swem­bad by Tranquillity – dit kyk uit oor ’n wa­ter­gat.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.