TSHIKWALO LOD­GE

Weg! - - Ses Van Die Bestes Dinokeng -

’n Woes­te ge­klop aan die glas­skuif­deur maak my wak­ker. Ek het ver­slaap (se­ker te lek­ker ge­kiep in die ko­nings­groot­te bed) en die skoon­ma­kers pro­beer nou in­kom... Ek strom­pel deur toe en pro­beer aan­vaar­baar lyk, maar dis nie die skoon­ma­kers nie – dis ’n neus­ho­ring­ge­sin wat met hul­le ys­li­ke sna­wels aan die glas staan en pik!

Al dié lod­ge­cha­lets het ’n mo­der­ne kom­buis en on­der­dak­braai­plek­ke. Die cha­lets is slim uit­ge­lê so­dat jy glad nie te na aan die bu­re voel nie. En hier voel dit huis­lik met die ge­gig­gel van kin­ders in die swem­bad en braai­rook wat trek. Ge­rie­we Hier is 9 cha­lets, par­ty met slaap­plek vir 2 en an­der met slaap­plek vir 4. Hier is ook ’n slaap­saal met plek vir 14 en ’n kamp­plek met 25 staan­plek­ke.

Wil­drit­te is sog­gens en saans be­skik­baar – dit kos R200 p.p. en sluit peu­sel­hap­pies en ’n dran­kie in; be­spreek voor­af.

Die swem­bad het ’n paar lê­stoe­le en ’n lek­ker speel­plek vir die kin­ders. Die re­stau­rant op die per­seel is el­ke aand oop en be­dien ’n smaak­li­ke ste­ak (van­af R130). Die re­stau­rant het ’n uit­sig oor ’n ver­lig­te wa­ter­gat so­dat jy kan sien wie ná son­on­der kom drink.

Hier’s ’n snoe­pie by die ont­vangs­kan­toor wat room­ys, ys, aan­den­kings en hout (R25 per sak) ver­koop. Wat pla? Tshikwalo is gróót. Bui­ten die ver­blyf wat hier ge­noem word, is hier ook ’n kon­fe­ren­sie­sen­trum en ve­nue vir by­voor­beeld trou­es. Die staan­plek­ke in die kamp­plek is nog­al na aan me­kaar, hoe­wel die at­mos­feer vrien­de­lik en ge­sel­lig is. Hoe kom ek daar? Vat die Ham­mans­kraal/Boe­ken­houts­kloof-af­rit van die N1 af. Draai net ná die tol­hek regs en ry bo-oor die snel­weg. Vat die eer­ste pad links: die D48/Rust de Win­ter-pad. Gaan Dinokeng deur die hoof­hek (Tau) bin­ne. As jy eers deur die hek is, sal jy die La­er­skool K­lip­drift aan jou lin­ker­kant sien. Draai net ná die skool regs op die grond­pad. Die af­draai na Tshikwalo sal so­wat 500 m ver­der aan jou lin­ker­kant wees. Kos­te Cha­lets van­af R700 per een­heid. Slaap­saal­ver­blyf R350 p.p. Kamp R140 per vol­was­se­ne; R90 per kind (mak­si­mum ses men­se per staan­plek). Pen­si­oen­trek­kers kry 25% af­slag op al­le ver­blyf in die mid­del van die week. Kon­tak 060 988 0990;

tshikwalo.co.za

SKUIF ’N BIE­TJIE NA­DER. Die kamp­plek­ke by Tshikwalo lê na aan me­kaar, maar die lig­ging is só mooi dat jy gou daar­van ver­geet. Hier’s ook ’n swem­bad waar­in jy kan af­koel (on­der regs) en dis in die re­ser­vaat; dus kan jy net bui­te die hek al be­gin wild sien (on­der links).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.