MOOI­PLA­SIE-BOS­KAMP

Weg! - - Ses Van Die Bestes Dinokeng -

Hier heers ’n plat-op-die-aar­de at­mos­feer. Ber­tie en Bet­sie van Graan en hul­le dog­ter Mag­del staan aan die s­tuur (saam met hul­le twee jack rus­sells) en al­mal voel on­mid­del­lik soos ou vrien­de.

Daar­by is die ver­maak tops. Ber­tie was voor­heen in die 1950’s-mu­siek­groep The Rocka­teens en as jy mooi vra, sal hy vir jou ’n pri­vaat­ver­to­ning gee.

Hier’s ’n klein swem­bad en selfs ’n bui­te­lug­bor­rel­bad met ’n uit­sig.

Mooi­Pla­sie het ook ’n kamp­ter­rein ’n ent­jie weg van die hui­sies af en is net toe­gank­lik met ’n 4x4. Maar as jy eers hier is, is dit net jy, ’n stroom­pie, ’n kol groen gras en g’n hei­nings... Ge­rie­we Hier is 9 kot­hui­se met slaap­plek vir 2 tot 6 men­se, af­han­gend van die hui­sie, as­ook ’n slaap­saal en klein kamp­ter­rein. Wat pla? Die slaap­saal en la­pa langs­aan word soms ver­huur vir ram­par­tye, hoe­wel die par­ty­tjies (vol­gens Mag­del) sel­de ru­moe­rig raak. Hoe kom ek daar? Gaan Dinokeng deur die hoof­hek (Tau) bin­ne en draai net ná die “Safari Mall” regs op die De Wa­gens­drift-grond­pad. Hou jou oë oop vir die Mooi­Pla­sie-bord­jies aan jou reg­ter­kant. Kos­te Van­af R300 p.n. vir twee gas­te. Kon­tak 082 370 0028 (Mag­del); 076 243 8590 (Bet­sie); mooi­pla­sie.co.za >

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.