WAT VAN ’N WYNTOER?

Weg! - - Dorp Stellenbosch -

Die or­de­li­ke ly­ne van ’n net­jie­se blok wingerd is da­rem aan­skou­lik – as jy hier rond­ry, be­gin jy koning A­gab se ja­loe­sie op Na­bot se drui­we­pla­sie be­gryp. Dié wyn­streek strek oor na­ge­noeg 20 000 ha en meer as 150 pla­se. An­ders ge­stel: Jy gaan in ’n leef­tyd nooit by al­mal uit­kom nie.

Om elk­een van die vyf wyn­roe­tes or­dent­lik te ver­ken het jy min­stens ’n dag per streek no­dig vir twee proeë in die og­gend en ’n lui­lek­ker mid­dag­e­te, ge­volg deur nog twee proeë in die na­mid­dag. En bui­ten vir proe-en-uit­spoeg ver­ras heel­wat pla­se be­soe­kers ook dees­dae met kos-en-wyn­kom­bi­na­sies, soos sjo­ko­la­de, room­ys, piz­za, bil­tong en pan­ne­koek. Baie bied ook kel­der­toe­re aan (ver­al met pars­tyd in Fe­bru­a­rie nog­al iets om te be­leef!), dié een het dwerg­bok­kies vir die kin­ders en daai het per­de, daar’s o­ral piek­nieks en o­lyf­win­kel­tjies en bou­les­ba­ne en, en, en...

Hier­on­der lys ek my guns­te­lin­ge. Maar gaan klop by die S­tel­len­bosch Wi­ne Rou­tes-kan­toor aan vir nog in­lig­ting.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.