Weg!

BLY HIER

- – Esma Marnewick

In Pringlebaa­i gebeur dinge nog teen ’n slakkegang – kom bly in ’n doodloopst­raat tussen ruie bosse fynbos.

Jy gaan sukkel om ’n rustige vakansie langs die Kaapse kus te hê, veral in Desember wanneer die hele land aftrek see toe.

Tog is hier ’n paar kolle waar dinge nog teen ’n stadige pas beweeg. Pringlebaa­i, sowat 85 km van Kaapstad af, is so ’n kusdorpie. Die meeste paaie is grondpad en ruie bosse fynbos staan heuphoogte tussen van die huise.

As jy op die strand stap of sandkastel­e bou, hoef jy net jou kop effens noord te draai vir ’n uitsig op die grysblou Kogelberg wat bo die dorpie uittroon. Diep in dié berge ontspring die Buffelsriv­ier wat uiteindeli­k op Pringlebaa­i se strand uitmond – die kleinspan met hulle vlerkies en boogie boards kan ure lank in die vlak water van die strandmeer plas. (Honde is ook welkom op die strand.)

Ná ’n dag onder ’n sambreel kan julle laatmiddag mik vir die Kogelberg-natuurrese­rvaat (bewaringst­arief R40 p.p.; R20 per kind), sowat 20 km van Pringlebaa­i af op die R44.

In dié reservaat kan jy al langs die Palmietriv­ier stap. Dis ’n maklike gelyk roete; selfs kleuters sal ’n ent kan baasraak. Hier’s plek-plek ’n afdraaipaa­djie na ’n oop kol of ’n rotsplaat langs die rivier waar jy kan inspring om af te koel en die seesout van jou lyf af te was. Jy stap met dieselfde pad terug – dus kan julle self besluit hoe ver julle wil stap.

En hoe sluit jy so ’n salige dag af? Met ’n vleisie en worsie op die kole, natuurlik! Waar bly ek? Die knus Swallows Nest-huisie is in ’n stil doodloopst­raat – sowat 5 minute se stap van die strand af.

Hier’s slaapplek vir 4 mense in ’n slaap- en dakkamer, en buite is ’n beskutte braaiplek. Jy kan maar in die winter kom – hier is ’n kaggel. Troeteldie­re is welkom. Koste Vanaf R850 p.n. buite seisoen. Wat pla? Hier’s nie ’n stort nie. Bring ook ’n stuk tou sodat jy ’n wasgoeddra­ad vir die swemgoed kan span. Kontak 082 566 4899;

baytown.co.za (Baytown bied ’n verskeiden­heid strandhuis­e te huur op Rooiels, Pringle- en Bettysbaai.) Kogelberg-natuurrese­rvaat: 087 288 0499; capenature.co.za

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa