WIELE

Die vyf­de ge­slag Land Ro­ver Dis­co­ve­ry is pas in Suid-Afrika be­kend ge­stel en Ja­co Kir­sten het agter die s­tuur van een ge­klim...

Weg! - - Inhoud -

Hou jy van Dis­co? Ons vind uit hoe die vyf­de ge­slag Land Ro­ver Dis­co­ve­ry ry.

Dis moei­lik om te glo die Land Ro­ver Dis­co­ve­ry is al 28 jaar met ons. Hy was ’n aar­dig­heid toe hy in 1989 be­kend ge­stel is. Hier was ’n ry­ding wat luuk­ser was as die Land Ro­ver (wat die maat­skap­py na die De­fen­der moes her­doop), maar heel­wat meer be­kos­tig­baar as die luuk­se en veel duur­der Ran­ge Ro­ver.

Se­dert­dien het die maat­skap­py met meer mo­del­le vo­ren­dag ge­kom as ’n weer­ga­we van Vo­gue, wat ge­lei het tot ry­goed soos die F­ree­lan­der, Ran­ge Ro­ver Sport, Ran­ge Ro­ver E­vo­que en die Dis­co­ve­ry Sport.

Laas­ge­noem­de – wat ’n jaar of drie ge­le­de be­kend ge­stel is – se ont­werp­taal sal da­de­lik in die nu­we Dis­co­ve­ry her­ken word. Maar dis om­trent waar dit op­hou.

Want waar die Dis­co­ve­ry Sport eint­lik maar die plaas­ver­van­ger vir die F­ree­lan­der is, is die nu­we Dis­co­ve­ry iets wat nou baie na­der aan die Ran­ger Ro­ver en Ran­ge Ro­ver Sport ge­po­si­si­o­neer is.

Oor­vloed a­lu­mi­ni­um

Die Dis­co­ve­ry 3 en 4 se bak­werk was ’n kom­bi­na­sie van ’n buis­romp- ( mo­no­co­que) en ’n leer­raam­on­der­stel wat Land Ro­ver die In­te­gra­ted Bo­dy Fra­me ge­noem het, maar die nu­we Dis­co­ve­ry het reg­deur ’n buis­rom­pon­der­stel. Dank­sy die a­lu­mi­ni­um is hy ’n he­le 480 kg lig­ter as sy voor­gan­ger.

Die mo­del wat ons ge­toets het, het ’n 3 ℓ-TD6-die­sel­en­jin wat 190 kW en 600 Nm ont­wik­kel, en die ver­skil in ver­snel­ling tus­sen die nu­we, lig­ter Dis­co­ve­ry en sy voor­gan­gers is merk­baar.

Die nu­we Dis­co-teg­no­lo­gie laat jou aan die brug van die U.S.S. En­ter­pri­se dink. Jy kry par­keer­hulp, bly-in-die-baan­waar­sku­wing, vier ka­me­ras rond­om die voer­tuig, ’n e­lek­trie­se ag­ter­deur, en die ver­moë om die voer­tuig met jou slim­foon aan te ska­kel.

Boon­op is dit nou ’n vol­waar­di­ge se­we­sit­plek­ry­ding. Jy kan die sit­plek­ke op drie ma­nie­re ver­stel: met die voor­ste raak­skerm, jou slim­foon, of ’n in­stru­men­te­pa­neel in die laai­ruim. Dis ook hier waar jy die trek­stang kan laat uit­vou of weg­vou.

Agter die s­tuur

Nes met die Ran­ge Ro­ver Sport het die maat­skap­py dit reg­ge­kry om ’n vier­wiel­aan­ge­dre­we ry­ding te bou wat puik op teer ry. Die Ran­ge Ro­ver Sport han­teer be­ter op die teer, maar die Dis­co­ve­ry is be­ter in die veld.

Ek het aan­vank­lik ge­won­der of die 22 duim-wiele van die toets­voer­tuig die Hen­nops4x4-baan sou baas­raak. Ek was eg­ter be­ïn­druk met die Ter­rain Re­spon­se 2 se ver­moë om die Dis­co­ve­ry rus­tig oor klip­pe en deur re­de­li­ke hoë wa­ter te laat ry.

In la­e­s­trek ska­kel jy die snel­heids­be­heer aan en ver­stel dan jou kruip­snel­heid met knop­pe op die stuur­wiel. Ek dink daar­die ban­de sal ska­de kry as jy skerp klip­pe te­ë­kom. Hou eg­ter in ge­dag­te dat ons toets­mo­del die 3.0 TD6 First E­di­ti­on was, waar­van ’n hand­jie vol ge­bou is en wat am­per R1,5 mil­joen kos (die goed­koop­ste Dis­co­ve­ry, die S-mo­del, kos R980 000). Met 19 duim-wiele sal jy die op­sie van re­de­lik veld-ge­o­ri­ën­teer­de ban­de hê, en jou min­der oor stuk­ken­de sy­wan­de hoef te be­kom­mer.

In­dien jy die Ter­rain Re­spon­se 2 vir klip­pe­ri­ge toe­stan­de ver­stel, be­gin die ve­ring lig tot­dat jy na­der­hand ’n vol­le 283 mm se grond­vry­hoog­te het – wat vrek­hoog is in e­ni­ge taal. Die dom­pel­diep­te is dan ook 900 mm, so­wat 200 mm meer as die mees­te 4x4’s s’n.

Maar hier­die is nie net nog ’n 4x4 nie. Dis ’n hi­per­luuk­se sport­nuts­voer­tuig met ’n krag­ti­ge en­jin wat ge­kop­pel is aan ’n flu­weel­glad­de agt­spoe­d­ou­to­ma­tie­se rat­kas.

En as jy hom in Land Ro­ver se pro­duk­reeks móét po­si­si­o­neer, voel dit eint­lik as­of hy die bes­te van die Ran­ge Ro­ver en die Ran­ge Ro­ver Sport kom­bi­neer – maar vir heel­wat min­der geld.

Slot­som

Jy gaan ver moet soek vir ’n ry­ding wat so luuks is soos dié – en wat boon­op la­e­s­trek en baie rat­se veld­ry­ver­mo­ëns het.

Met die reg­te ban­de sal hy é­ni­ge ter­rein kan kaf­draf – mits jy na­tuur­lik nie bang is vir krap­pe aan ’n ry­ding van R1,5 mil­joen nie.

Trou­ens, ’n mens kan re­de­neer dat hy waar­skyn­lik ver­ko­pe van die Ran­ge Ro­ver Sport, en moont­lik ook die Ran­ge Ro­ver self, gaan af­rok­kel. Só goed is die nu­we Dis­co­ve­ry.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.