Weg!

FOTOPORTEF­EULJE

-

Kry ’n nuwe blik op die Kaapse kus met Jean Tresfon se lugfoto’s.

Jean Tresfon se natuurfoto’s gee ons ’n ander perspektie­f op die wêreld. Hy is van Kaapstad en bring die meeste van sy tyd in ysige branders deur. Ons het al baie van sy onderwater­foto’s op dié blaaie gewys: Kyk in Weg # 151 na sy foto van ’n bultrugwal­vis en Weg # 107 na ’n volledige onderwater­portefeulj­e. Hierdie keer wys ons sy ander groot liefde: lugfotogra­fie. Jean vlieg ’n Autogyro MTO Sport-girokopter, wat maklik is om te bestuur en stabiel is in die lug. Die stuurkajui­t is die kersie op die koek: Hy kan foto’s neem sonder om hom te bekommer oor die weerkaatsi­ng op die glas, want... daar ís nie glas nie!

Jean vlieg twee keer per week om die kuslyn te bekyk. “Dit vat oefening om terselfder­tyd te vlieg én foto’s te neem,” sê hy. “Ek doen dit net as dit veilig is. Ek moes al baie goeie foto’s inboet om in die lug te kan bly!”

Jean hoop dat sy foto’s – of dit nou van onder of van bo af geneem word – meer mense sal inspireer om in Kaapstad en omgewing te kom draai en te help om ons reeds brose kusekostel­sel te beskerm. >

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa