Weg!

SA Agulhas II

- – Jaco-Mari Futcher

Die SA Agulhas II word gebruik vir navorsing in Antarktika en op eilande soos Marion- en Gougheilan­d, asook om voorraad na dié navorsings­tasies te vervoer. Die skip is in 2012 gebou om sy voorganger – die SA Agulhas – te vervang toe dié finaal vasgemeer het. Die SA Agulhas II behoort in September op die volgende ekspedisie na Gough-eiland te vertrek. Leer ken die skip beter.

1,3 MILJARD

– Die boukoste (in rand) van die SA Agulhas II

134,2

– Die skip se lengte (in meter)

100

– Soveel passasiers kan op die SA Agulhas II vaar

(45 bemannings­lede ingesluit)

30

– Die SA Agulhas II se topspoed (in km/h)

8

– Die aantal permanente laboratori­ums aan boord.

2

– Dis hoeveel helikopter­s op die skip is – dit vervoer die navorsers

na waar die skip nie kan vaar nie.

1

– Die skip kan ys van tot 1 meter diep oopbreek.

-35

– Dis hoe koud (in °C) dit moet word voordat ys op die dek vorm – die dek het verwarmers om dit te verhoed.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa