Weg!

Sriracha-macaroni

-

Vir 4 Voorbereit­yd 20 minute Gaarmaakty­d 20 minute Gee macaroni-en-kaas skop met srirachaso­us en chorizo – en moenie die krummelbol­agie vergeet nie.

Jy benodig

• ¼ koppie botter • ¼ koppie meel • 1 ℓ melk • 2 eetlepels srirachaso­us • ¼ koppie songedroog­te

tamaties, gekap • sout, na smaak • gemaalde swartpeper

na smaak • 10 cm chorizo, gekap • 2/ koppie broodkrumm­els

3 • 400 g macaroni • 2 koppies sterk gerasperde

cheddar

Só maak jy

1 Smelt die botter in ’n kastrol en roer die meel daarby in. Wanneer dit liggeel is en begin borrel, roer jy die melk bietjies-bietjies by totdat alles ingemeng is. Verhit tot by kookpunt terwyl jy dit aanhoudend roer. Roer die srirachaso­us, tamatie, sout en peper daarby. Indien die sous te dik is vir jou, voeg ’n bietjie ekstra melk by.

2 Sny die chorizo in skyfies en braai dit vir 2 minute liggies in ’n pan in 1 eetlepel olie. Skep die chorizo uit en roer dit deur die witsous. Behou die olie in die pan en braai die broodkrumm­els daarin tot goudbruin.

3 Voorverhit die oond tot 180 ºC. Kook intussen die macaroni vir 6 minute in soutwater – dit moet effens rou wees, want dit kook verder in die sous.

4 Meng die macaroni, sous en die helfte van die kaas. Sprinkel die res van die kaas en die krummels bo-oor. Bak dit vir 20 minute tot dit goudbruin is en die sous borrel.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa