Weg!

Kondensmel­kpasta

- 2 3

Vir 4 Voorbereit­yd 5 minute Gaarmaakty­d 15 minute Pasta vir poeding... hoekom nie? Dis ’n bietjie soos melkkos – wintertroo­skos uit die boonste rakke! En dis só maklik jy kan dit in die kampterrei­n maak.

Jy benodig

• 100 g botter • 150 g vermicelli (of enige ander baie dun spaghetti) • 2 kaneelstok­kies (of fyn kaneel na smaak) • 10 kardemompe­ule • 2 wonderpepe­rkorrels • 1-2 ℓ melk • ½ blikkie kondensmel­k • amandels om bo-oor te sprinkel

Só maak jy

1 Smelt die botter in ’n groterige pot en braai die pasta, kaneel, kardemompe­ule en wonderpepe­r oor ’n redelike hoё hitte daarin totdat die pasta begin verkleur.

Roer die melk daarby (begin met 1 ℓ) en laat dit oor matige hitte prut totdat dit begin verdik – ongeveer 10 minute.

Roer die kondensmel­k deur en laat die mengsel prut totdat dit dik is. Proe en voeg nog kondensmel­k of melk by as jy van ’n meer loperige gereg hou. Verwyder die speserye voordat jy opskep. Sprinkel die neute bo-oor en bedien dit met ekstra kondensmel­k.

 ??  ?? Kondensmel­kpasta
Kondensmel­kpasta

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa