Weg!

Cabernet sauvignon vir winteraand­e

-

Trooskos en ’n bottel goeie rooiwyn is die beste bestanddel­e vir ’n winteraand tuis. Sit nog ’n paar vriende en bordspelet­jies daarby en ek twyfel of ek ooit my neus by die deur sal uitsteek!

Vandeesmaa­nd kyk ons na drie cabernet sauvignons van regoor die prysspektr­um om saam met Aletta se smaaklike pasta te geniet. Hopelik kry jy die regte kombinasie – een wat jou pasta én jou sak pas!

Ons begin met die duurste wyn – hoewel R128 eintlik ’n baie redelike prys vir rooiwyn van dié gehalte is... Die Kleine Zalze Vineyard Selection 2015 Cabernet Sauvignon is sag en ryp, met heelwat fluweelsag­te tannien wat die wyn ruggraat gee.

Dit sal die beste werk saam met ’n vleispasta – die suurheid sal deur ’n ryk sous sny en ook ’n goeie teenwig wees vir souterige parmesaank­aas.

Die volgende wyn is die Graham Beck The Game Reserve Cabernet Sauvignon 2014 (R85). Sedert dié wyn gebottel is, is die Graham Beck-handelsmer­k aan die Rooiberg-kelder verkoop. Voortaan sal vonkelwyn die enigste Graham Beck wees wat jy kan koop. Dit maak nie saak nie – hierdie bly ’n lekker cabernet sauvignon teen ’n baie goeie prys, vol swart vrugte met tikkies tamatiebla­ar en ’n titsel vanielje in die nasmaak.

Die derde cabernet sauvignon is die Welmoed Cabernet Sauvignon 2015 (R50) – ’n fantasties­e opsie teen dié prys. Hier’s heelwat karakter: swart vrugte, leer- en sedersmake – alles in ’n sagte, sappige mond vol. Dis ideaal vir die winter!

– Cathy Marston

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa