Weg!

Lekker doendinge in die omgewing

-

KEIMOES Koop ’n vetplant by die Ukuvukapad­stal-en-kwekery

Loer in by Ukuvuka, sowat 14 km buite Keimoes op pad na Kakamas, en koop ’n beeskloutj­ie (vanaf R20) vir jou rotstuin by die huis. Sylvia Loxton se kwekery verkoop vetplantsp­esies uit die Knersvlakt­e en Noord-Kaap.

Wandel deur die vetplanttu­in en besoek die padstal vol droëvrugte, konfyte en handgemaak­te snuisterye.

Oop Maandag tot Saterdag: 7 vm.1 nm. en 2 nm.-5 nm.

Kontak 082 926 8118; sylvialoxt­on@yahoo.com

Maak jou koelboks vol by die Kalahari Vleishuis

Patrys van der Merwe bedryf dié slaghuis in Keimoes al die afgelope 15 jaar en is die derde generasie slagter in haar familie.

Sy verkoop vryloopvle­is, -biltong en -droëwors uit die Hardeveld en Kalahari, en die slaghuis is veral bekend vir hulle ontbeende en gemarineer­de snitte, “Flip se Rib” (R135/kg) en “Flippen boud” (R145/kg). Die slaghuis is aan die regterkant van die R27, langs die BPvulstasi­e soos jy Keimoes binnery van Kenhardt se kant af.

Oop Maandag tot Vrydag: 8 vm.5 nm. Saterdag: 8 vm.-1 nm.

Kontak 054 461 0134

UPINGTON Proe wyn by Oranjerivi­erwynkelde­rs

Besoek die wynkelder se splinternu­we proelokaal in Upington (Schröderst­raat 158) en leer ken die wyne wat langs die Oranjerivi­er verbou word. Proe ses wyne van jou keuse vir R30 en bestel ’n Kalaharivl­eisbord (droëwors, biltong en cabanossi; R80) of ’n Grootdrink­kaasbord (drie kase, uiemarmela­de, pesto en beskuitjie­s; R80).

Oop Maandag tot Vrydag 10 vm.6 nm. Saterdag 10 vm.-3 nm. ’n Bespreking is noodsaakli­k vir groter groepe.

Kontak 054 495 0040; orangerive­rwines.com

Vaar op Sakkie se Arkie

Kyk hoe die son oor die Oranjerivi­er sak terwyl jy op een van die arkie se twee dekke ontspan. Sakkie Spangenber­g is aan die stuur en die vaart neem sowat ’n uur en ’n half. Die atmosfeer is lekker informeel en daar is ’n kroeg aan boord – veral die skemerkelk­ies is gewild (vanaf R50). Die sonsonderg­angvaart kos R120 per volwassene en R80 per kind jonger as 16 (’n reddingsba­adjie sal aan kinders jonger as 12 verskaf word).

Oop Vrydae, Saterdae, Sondae en vakansieda­e; die res van die week slegs op aanvraag. In die somer vertrek die arkie om ongeveer 5 nm. van die rivierwal aan die onderpunt van Parkstraat in Upington se sakekern af. In die winter vaar die arkie slegs vir groepe wat bespreek.

Kontak 082 564 5447 of 082 575 7285; arkie.co.za

Eet by Bi-Lo Bistro

Dié eetplek in die Keidebeesw­oonbuurt in Upington (Groenpuntw­eg 9) is besonder gewild onder die plaaslike inwoners én toeriste. Jy kan buite onder die groot koeltebome langs die visdam en spuitfonte­ine kuier of binne by die kroeg of bistro aansit.

Die porsies is gróót en jy sal beslis nie honger wegstap nie. Probeer die plaasontby­t (R80), die hoendersla­ai (R90) of die cheddarmel­t-steak (200 g; R125). Hier is ’n klimraam buite om die kinders besig te hou.

Oop Maandag tot Sondag: 8 vm.-10 nm.

Kontak 054 338 0616

ASKHAM Drink ’n melkskomme­l by Diamond T

As die Kalahari se hitte jou onderkry, bestel ’n ekstra-dik melkskomme­l (R30) en sit op die stoep by dié koffie-en-geskenkwin­kel in Askham se hoofstraat. Dis die ideale plek vir asemskep op pad na die park en jy kan hier ’n ligte ete geniet, konfyt en blatjang koop vir jou kampspens (vanaf R45) én snuisterye uitsoek vir jou mense by die huis. En moenie sonder ’n springbokp­astei (R25 bevrore; R35 warm) hier wegry nie.

Oop Maandag tot Vrydag: 8 vm.5 nm. Saterdag: 8 vm.-1 nm. Gesluit op Sondae.

Kontak 054 511 0025 of soek na Diamond T Coffee Shop op Facebook.

Meer inligting Gaan na green kalahari.co.za en upington.com vir meer verblyfops­ies en doendinge in die gebied. Ook open africa.org kan help (klik op “Kalahari Red Dune Route”).

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa