FOTOPORTEFEULJE

Weg! - - Inhoud - SAAM­GE­STEL DEUR S­HEL­LEY CHRISTIANS

Mar­lon du Toit se na­tuur­fo­to’s van Tan­za­nië is só le­wens­ge­trou dat dit voel as­of die jag­lui­perd aan jóú voet lê en kou...

Mar­lon du Toit het op P­ha­la­bor­wa langs die Kru­ger­wild­tuin groot­ge­word en baie ure saam met sy pa in die wild­tuin deur­ge­bring – en met sy pa se ou Ca­non-film­ka­me­ra rond­ge­speel. Dit was geen ver­ras­sing nie toe hy ’n loop­baan as sa­fa­ri-gids kies, waar­na hy ses jaar by Sin­gi­ta Sa­bi Sands ge­werk het. Die A­me­ri­kaan­se TV-aan­bie­der Mar­tha S­tewart was een van sy kli­ën­te daar en was só be­ïn­druk met sy ken­nis van die bos dat sy hom t­wee keer ge­nooi het om op haar pro­gram te ver­skyn.

Mar­lon het se­dert­dien ook fo­to­gra­fies­a­fa­ri’s be­gin aan­bied en is me­de-ei­e­naar van Wild Eye, ’n maat­skap­py wat y­we­ri­ge fo­to­gra­we na wild­be­stem­mings in A­fri­ka, In­dië en Bra­si­lië vat. (Mar­tha is steeds ’n aan­han­ger en het van­jaar na Botswa­na ge­reis op so ’n uit­stap­pie.)

Hy het geen pro­bleem om ’n he­le dag lank ag­ter sy ka­me­ra­lens te wag vir ’n goeie fo­to van ’n leeu of jag­lui­perd nie. “Ek ver­staan wild en pro­beer die ken­nis ge­bruik om ’n sto­rie te ver­tel,” sê hy, “om le­we in ’n oom­blik te blaas en die hart vas te vang van die een wat na die fo­to kyk.”

MAR­LON DU TOIT Gaan kyk na nog fo­to’s by marlon­du­toit.com of op In­sta­gram by @marlon­du­toit.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.