AG­TER DIE SKERMS

Weg! - - Pierre Sê -

’n Reis­skry­wer kan nie al­tyd kies wan­neer hy ’n be­stem­ming wil be­soek nie. Vir hier­die uit­ga­we het Ian M­cNaug­ht Da­vis ná die so­mer deur die noor­de van K­waZu­lu-Na­tal ge­reis (bl. 44). Nie­te­min, ’n wa­ter­wurm moes ge­toets word…

As ’n vry­skut­joer­na­lis is ek ver­plig om el­ke er­va­ring deeg­lik te toets, ter wil­le van die le­ser. Toe ek dus hoor U­m­zi­ki C­ha­lets net bui­te die dorp Jo­zi­ni het ’n 58 m lan­ge wa­ter­wurm, het my joer­na­lis­tie­ke in­te­gri­teit my geen an­der keu­se ge­laat as om ver­der on­der­soek in te stel nie.

By U­m­zi­ki ge­kom, was die pomp eg­ter af, en die wa­ter­wurm dus eint­lik net ’n swem­bad. Maar toe ek aan die be­stuur­der, Ma­nu­el Ro­dri­gues, ver­dui­de­lik hoe be­lang­rik dit is dat ek sélf die wurm uit­toets, het hy die he­le ding aan­ge­ska­kel – net vir my.

As ie­mand wat fei­te nou­keu­rig na­gaan, moes ek ’n paar keer by die wurm af­gly om se­ker te maak die he­le er­va­ring is wel lek­ker. (Dit is!) Toe moes ek nóg ’n paar keer af­gly om die per­fek­te self­por­tret te kry voor die wa­ter spat. (Ek het!)

Ek is die vol­gen­de og­gend weg uit Jo­zi­ni met die hoop dat hier­die werk my sal ves­tig as ’n soort De­rek Watts van wa­ter­wurms, en dat die redakteur by Weg dit in die toe­koms in ge­dag­te sal hou wan­neer hy vry­skut­joer­na­lis­te kies. (Hy sal! – Red.)

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.