Ou­ma van die dui­ne, in­der­daad

Weg! - - Vooraf Briewe -

Ek het op Weg Ag­ter­paaie Na­mi­bië ge­hoor van Ger­trud Gr­äb­ner (84) van die Guns­be­wys-gas­te­plaas so­wat 80 km noord van Aus.

As ek nou baie geld ge­had het, het ek so­waar ’n plaas in Na­mi­bië ge­koop. Al is dit so on­ge­loof­lik droog in die Ti­ras­berg-deel van die land, was dit be­son­der mooi. Die woes­tyn maak ’n mens stil.

Ons het ons be­soek aan Ger­trud vrees­lik ge­niet. Sy was glo vroe­ër siek en ons was die eer­ste groep wat weer saam met haar die dui­ne in is.

Daar het sy soos ’n waf­fer­se Man­ne­tjies Roux ’n dui­ne­g­og­ga plat ge­duik net om vin­nig op te staan en ons die ver­haal van die gog­ga te ver­tel. Ma­ri­ki S­tas­sen het die fo­to ge­neem waar Ger­trud die gog­ga vas­hou.

Merk­waar­dig is al wat ek kan sê. Dit laat ’n mens an­ders dink oor oud­word en af­tree.

CHRIS­TI­NE CONRADIE, Ce­res Het jy ons ge­wil­de TV-reeks op Via, Weg Ag­ter­paaie Na­mi­bië, per on­ge­luk mis­ge­loop of wil jy dit weer kyk? Be­stel die DVD teen R120 by win­kel.weg.co.za >

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.