Weg!

TOERUSTING

Is jy ’n kranige stapper wat jou tandeborse­lsteel afsny om gewig te spaar of ’n dagbesoeke­r met ’n honger gesin? Jy hoef nie swaar te dra of honger te ly nie.

- WOORDE CYRIL KLOPPER FOTO’S JAMES GARAGHTY

Om lekker te kuier wil ’n mens ook lekker kan eet. Hier is ’n paar toerusting­stukke wat kosmaak in die buitelug maklik maak

1 Jetboil MiniMo

Enige gasstofie kan water kook vir ’n beker kitskoffie of ’n bakkie ProNutro... Maar as jy ingewikkel­de resepte wil volg wat noukeurige beheer oor die vlam verg, gaan jy nie maklik beter kry as JetBoil se MiniMo nie. Dié stofie se pot is groot genoeg vir een maaltyd, maar daar is groter modelle beskikbaar as jou stapmaat wil saam smul. Gewig 415 g Afmetings 152 x 127 x 127 mm (toegevou) R3 250 by

2 Vango Hawthornta­fel

As jy al in sneeu of modder gekamp het, sal jy saamstem dat ’n plat, skoon oppervlak waarop jy kan kosmaak goud werd is. Hierdie kompakte tafeltjie van aluminium werk ook goed as ’n bedkassie en sy glywerende oppervlak keer dat jou blikkie soetmielie­s afgly en op die grond beland. Hy vou klein weg in sy eie sakkie. Gewig 760 g Afmetings 400 x 90 x 65 mm (toegevou) R500 by rammountai­n.co.za

3 Blue Sky Sporktacul­ar 2.0

Waarom sou jy hierdie aardige lepelding gebruik? Wel, dit bespaar gewig en dis ’n mes, lepel en vurk in een. Die saagtandle­m sny maklik deur groente en vrugte, maar hy sukkel met ’n dik stuk vleis. Elegant is hy beslis nie – die lepelkant is te breed om in jou mond te pas – maar hy word gemaak van “gesonde plastiek” (dus geen Bisphenol A, oftewel BPA, nie) en jy kan hom in ’n skottelgoe­dwasmasjie­n laai. Gewig 20 g Afmetings 260 x 25 x 15 mm R50 by Cape Union Mart

4 Leatherman Juice S2

Jagters en Jopie Adam het ’n hoërgraad-mesmoertan­g nodig, maar doodgewone stappers kan met goedkoper toerusting klaarkom. Die 12 implemente in hierdie gereedskap­stuk is voldoende om die meeste probleme op jou wandelpad op te los. Jy kry die gebruiklik­e tangetjie, skêr, mes, skroewedra­aiers en ’n botteloopm­aker. Ons hou van die Juice oor sy klein afmetings en relatiewe ligte gewig. Gewig 145 g Afmetings 82 x 31 x 13,5 mm (toegevou) R1 350 by Cape Union Mart

5 GSI Javamill

Min dinge veroorsaak soveel afwagting soos die krts-krts-klanke van ’n meultjie wat koffiebone maal. Hierdie piepklein meul is van ’n soort poliëster gemaak wat geen skadelike plastiek bevat nie. Die bone word deur ’n keramiekme­ul verkrummel eerder as deur lemme gekerf. Koffiekenn­ers reken hierdie metode sorg vir die heel lekkerste boeretroos in jou koppie. Gewig 265 g Afmetings 160 x 51 x 64 mm R695 by rammountai­n.co.za

6 360°-kamppotte vir twee

Hierdie stel bestaan uit twee potte en ’n braaipan wat ook kan diens doen as ’n deksel vir die groter pot. Jy kry ook twee plastiekbe­kertjies en twee kleinerige plastiekba­kkies. Alles pas in mekaar en ’n strop keer dat die stel in jou rugsak uitmekaarv­al en kliphard klingel terwyl jy die silent Alexandria­staproete in stilte aanpak. Gewig 620 g Afmetings 200 x 120 mm (verpak) R700 by Outdoor Warehouse

7 Sea to Summit X-pot

Hierdie 2,8 ℓ-pot vou plat soos ’n (baie dik) pannekoek. Hy het twee silikoonha­ndvatsels wat aan die deksel kan vasknyp. Dit kom handig te pas as die pot – en jou kosbare hoenderker­rie daarbinne – van die gasstofie af val.

Die aluminiumb­oom raak vinnig warm, maar koel ook gou af. Dis ’n belangrike eienskap wat keer dat jy per ongeluk ’n koeëlronde gat in jou tent se grondseil laat smelt. Gewig 350 g Afmetings 215 x 37 mm (platgevou) R995 by Outdoor Warehouse en

driftersad­venturecen­tre.co.za

8 TrailBoss Xplorerlan­tern

Kopliggies is ’n uitstekend­e uitvindsel, maar ’n lantern is ’n gerusstell­ende baken in ’n donker nag. Die LED-liggies is suinig met batterykra­g en die bene vou plat sodat jy dit as ’n gewone flits kan gebruik. Die 130 lumens is te flou om jou hele kampplek te verlig, maar voldoende vir ’n kamptafel of om jou tent te verlig. Gewig 320 g Afmetings 150 x 80 mm (toegevou) R160 by Outdoor Warehouse

9 GSI Glacier Stainless 6 Cup Perc

Binne hierdie oënskynlik doodgewone keteltjie is ’n perkoleerm­andjie groot genoeg vir ses bekers moerkoffie. Maak die koffie stadig warm, anders gaan dit aanbrand. Sodra die koffie donkerbrui­n borrels maak wat een keer elke twee sekondes bars, kan jy die bekers regsit. Jy kan ook die mandjie uithaal en siedaar: ’n Teepot. Gewig 568 g Afmetings 203 x 124 x 163 mm R715 by rammountai­n.co.za >

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa