Weg!

Bly op Afrika se oudste

-

Ek en my swaer Cobus Rossouw het in Julie 2013 in die dorp Kasanga in Tanzanië op die MS Liemba geklim en twee dae lank gevaar op die Tanganjika­meer tot by Kigoma. Die MS Liemba is die oudste vrag-en-passasierv­eerboot ter wêreld wat steeds operasione­el is. Die veerboot was daai jaar 100 jaar oud!

Ons moes eenvoudig dié ervaring deel en het hierdie jaar saam met vriende weer soontoe gereis met openbare vervoer.

Toe ons op die dorpie Mpulungu aankom waar die veerboot gewoonlik vertrek, hoor ons hy kom eers oor ’n week. Ons moet toe padlangs by Kigoma kom, maar tref reëlings met die kaptein dat ons daar sal opklim.

By Kigoma kom haal die kaptein, Titus Mnyanyi, ons by die taxistaanp­lek. Hy nooi ons om vir die twee dae wat hulle nog in die hawe lê, op die veerboot oor te bly. Hier is net 10 kajuite en elkeen kry sy eie kajuit. Dis die eerste keer dat een groep die veerboot vir hulleself het.

Die sekerheid in die hawe is streng – ons word selfs besoek deur ’n beampte van die immigrasie­departemen­t. Wat ’n belewenis om ’n paar dae op die geskiedkun­dige veerboot onthaal te word!

BAREND LA GRANGE, Roodepoort

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa